Geverifieerde Resensie
Magoebaskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magoebaskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 649 resensies.
"Daar is verskeie aktiwiteite vir die adrenalienverslaafdes. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."
"Ons was by die Canopy Tours. Baie goeie ontspanning en gidse."
"Asemrowende natuurskoon - wanneer dit mistig is of wanneer die son skyn. Daar is orals heerlike grondpaadjies om te ry. Minki's coffee shop and Deli in Haenertsburg en Yum Yum Deli in Tzaneen is baie lekker."
"Magoebaskloof is 'n wonderlike bestemming en meer mense moet soontoe gaan. Dis rustig en mooi en die mense is baie vriendelik en die kos is ongelooflik lekker!"
"'n Naweek is net te kort, buiten die pragtige groen natuurskoon is daar verskeie interessante winkeltjies in die dorp en omgewing wat ons graag sou wou besoek. Volgende keer bly ons so ekstra dag of twee."
"'n Mooi bestemming met heelwat om te doen en te sien. Dit word bewoon deur vriendelike en hulpvaardige mense."
"Pragtige plekke om te besoek, te bly en te gaan stap. As jy van die natuur hou, sit dit op jy lysie as 'n plek om te besoek."
"Nogal baie plekke is toe in die feestyd wat jammer is, toerisme daar is nie baie ontwikkel nie. "
George's Vallei, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Baie goed maar ek dink daar sal 'n paar addisionele vermaaklikhede bygevoeg moet word."
"Verskriklik rustig en pragtige natuur. Vriendelike omgewing en baie lekker wegbreekbeestemming. "
"Pragtige omgewing. Moenie te haastig wees nie. Ry stadig en neem die omgewing in. Haenertsburg is baie oulik en restaurante is goeie waarde vir geld. Definitief die moeite werd vir 'n langnaweek of langer."
"A beautiful piece of South Africa with it's sweeping mountain and forest scenery that takes your breath away. "
"Die dorpie is oulik met 'n goeie verskeidenheid van eetplekke. Goed vir 'n naweek."
"Baie mooi omgewing, lekker eetplekke en baie interessante winkeltjies maar die tuine en kwekerye in die omgewing was die hoogtepunt!"
"We did not spend much time at all in the village, seeing as we drove around a lot. Would love to go back and spend some time exploring."
George's Vallei, Magoebaskloof
Waterbessiebos Cottages"Pragtige area van die land, met heelwat om te sien, doen en ervaar."
"Skoon en netjiese dorp met baie vriendelike mense. Sal graag die plek weer besoek."
"Baie interessante dorp maar geen pamflette wat toerisme kan lok na die gebied, bv Long Tom wat daar lê, winkels 'n bietjie min variety, eetplekke baie en netjies met goeie disse sal graag wil sien dat iemand 'n boekie of pamflet op verskeie prominente plekke sit wat die besoekers sal sien en gebruik. Dieselfde met Houtbosdorp."