Geverifieerde Resensie
Makhado
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Makhado bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 22 resensies.
"Baie naby die Kruger Nasionale Park, ons het net oorgeslaap. Omgewing pragtig en mense is baie vriendelik!"
"Ons het slegs aan die kant van die dorp verbygery toe ons afgedraai het. Soos bo vermeld het ons die algemene roekelose en vinnige bestuur, (gejaag), met verskeie verkeersoortredings uiters skokkend gevind. Dit het ons met 'n baie negatiewe indruk van die dorp en omgewing gelaat. Veral die minibusse, trokke en busse wat jaag teen 'n spoed veel vinniger as 80 kilometer per uur. Dis jammer dat juis dit so uitgestaan het in hierdie verruklike mooi omgewing."
"The area is extremely beautiful and has many attractions. One could easily spend a few days in the area rather than just pass though. It is a destination in itself."
"Gaan eet iets by Mountain Lodge en gaan ry af in Bluegums-poort tot jy die groot bome vind."
"Dit is meer 'n plekkie in in stille afsondering te wees eerder as om toeris te speel."
"Gesels met die inwoners en ontdek 'n skatkis van besienswaardighede en pragtige natuurskoon. "
"Makdado is goed geleë vir 'n deurry/ oornag vir bestemming na Botswane of Zimbabwe. Tyd was bietjie min om meer te ervaar van Makhado."