Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Fabulous town which is very well geared towards visitors with excellent restaurants and a lovely, easy-going lifestyle. The cheese deli is a must!"
"Daar is baie om te doen en te ervaar. Mens moet werklik 'n paar dae daar bly om meer van die aktiwiteite te ervaar en uit te probeer. Mooi omgewing en baie skoon lug. "
"Lieflike dorpie met heeltemal te veel om te doen in net een naweek."
"Clarens is 'n juweel van die Oos Vrystaat en bly een van ons gunsteling vakansie plekkies."
"Don't miss the Golden Gate Park, and we recommend the Brandwag Buttress hike, good exercise and spectacular views."
"Kersiefees in November. Dis 'n netjiese dorpie met mooi berguitsigte na Lesotho toe. Goeie opsies vir dagtoere. Die Constantia padstal net buite Clocolan op die Ficksburg pad (R26) was baie verfrissend. Uitstekende eetplek. "
"Lekkerste kosse. Ons het by 'n paar plekkies gaan eet en dit was regtig so lekker. Die mense is so vriendelik. Soveel winkels om deur te loop. Soveel pret dinge om te doen. Baie mooi kant van die wêreld."
"Baie interessant en het die staproetes geniet. Oppas net om dit algeheel te kommersialiseer."
"Mal oor Clarens. Die Kersiefees in Ficksburg was 'n totale teleurstelling op Saterdag 17 Nov 2018; sal nie weer Ficksburg besoek nie. Clarens het meer as genoeg om te geniet, sal beslis weer teruggaan."
"Dit is 'n pragtige, netjiese plattelandse dorpie met die vriendelikste mense! Ons het die Sondag die NG Kerk se erediens bygewoon en is so vriendelik en hartlik ontvang! Fouriesburg is sentraal geleë en jy kan heerlike dagroetes neem na bv. Golden Gate, Bethlehem en ander omliggende plekke."
"Jammer om te sê maar Clarens het sy bekoring verloor. Dit is te bedrywig. Daar is baie eetplekke en die meeste se diens is uiters swak. Die winkels het nog steeds dieselfde as 5 jaar terug. Daar is regtig niks meer besonders aan die dorp nie. Ons was geskok om die mense se taalgebruik te hoor, definitief nie 'n plek om jou kinders heen te vat nie. Clarens was altyd die skilderagtige dorpie met die mooiste kuns, nie meer nie. "
"By dorp se ingang kan parkgras gesny word, slegte oog. Die paaie is baie sleg (potholes), vuil in die dorp en pad wat na Ben Nevis toe loop (hoofpad), baie papiere en vee wat pad kruis na willekeur. Mense sit in die dorp rond vir kwaadgeld. "
"Clarens is amazing! We spent part of our honeymoon in Clarens in 2009 and the atmosphere of the town has not changed. We will definitely be returning to Clarens!"
"Ek het die kunsgalerye baie geniet. Daar is 2 wat uitstekende kuns uitstal. Dis 'n pragtige skilderagtige dorpie waarin mens ten volle kan ontspan en dit bied goeie restaurante en geriewe. "
"Clarens is 'n heerlike plek om vakansie te hou. 'n Mens voel sommer ontspanne. Almal is vriendelik & dan is die plekke nog diere-vriendelik ook. Sal Clarens vir enige iemand aanbeveel."