Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Ek weet regtig nie waaroor al die bohaai oor Clarens gaan nie. Stofstraat-dorpie sonder enige noemenswaardige koopgeriewe. As ek die naweek wil slaap kan ek dit ook by my huis doen."
"Beeldskone omgewing, baie lekker kos en kuier plekkies. Te veel mooi goed om na te kyk en te koop. Mal daaroor."
"Lovely weekend destination, picturesque little town with lots to do and see. "
"Die winkels is baie steriotipies. Ons het 'n groter verskeidenheid verwag. Die restaurante wat ons besoek het was baie goed, wel effens oorprys."
"Ons sesde besoek. As die Hemelse Vader ons spaar sal ons weer volgende jaar kom kuier."
"Die dorpie is vervalle en nie skoon nie, maar die uitsig is pragtig."
"Lieflike dorp met 'n besonderse atmosfeer. Sal 'n besoek aan Clarens enige tyd vir vriende aanbeveel."
"Pragtige dorpie. Mooi kunswerke. Natuurskoon is asemrowend mooi deur ons Skepper geskilder."
"Clarens is 'n pragtige plek. 'n Mens voel tuis en dis baie aangenaam daar. Dit is ook duidelik dat daar moeite gedoen word om die dorp mooi en netjies te hou. Clarens is beslis 'n oase in daardie omgewing en die inwoners kan trots wees op hul dorp."
"Goeie oornag- en naweekbestemming. Interessante winkeltjies en lekker restaurante."
"Te min restaurante beskikbaar vir aandete! Het vergeet om te bespreek en kon nêrens geholpe raak nie!"