Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Enigste nadeel is dat ander mense die parkeer-afdak van Villa 176 heeltyd beset het en ons sonder 'n afdak moes klaarkom."
"Maak vooraf besprekings by Clementine en Gostos om lekker te eet! Altwee plekke was oor die naweek vol bespreek. Clarens Interior en Purple Onion 'n moet! "
"Wat 'n verrassing! Bring minstens 'n volle dag net in dorpie deur. Uitstekende restaurante."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan besienswaardighede in die omgewing soos AfriSki, Golden Gate en Clarens."
"Baie lekker maar 'n naweek is genoeg om alles te sien as ek langer gebly het sou ek verveeld gewees het."
"Dit is 'n ideale toeristebestemming, alhoewel vir Suid-Afrikaners bietjie duur. 'n Mens moet net genoeg vrugte en groente saamneem as jy self etes wil voorberei, aangesien dit nie volop beskikbaar is nie."
"Clarens is een van die mooiste dorpies in die Vrystaat. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante wat die heerlikste kos aanbied. Die natuurskoon is asemrowend. 'n Perfekte wegbreeknaweek weg van die stad."
"Beautiful and so refreshing to get away out in the open wide spaces. A must see place!"
"Die dorpie word nou effe besig oor naweke, maar is nog steeds 'n welkome oase van rustigste ver van die stad."
"Hierdie was ons eerste besoek aan Clarens. Ek is verlief op die dorpie. Kan nie wag om weer terug te gaan nie. Die uniekheid van elke winkeltjie en eetplek, hier is niks kommersieel nie en dit voel omtrent of jy in 'n ander wêreld ingestap het. Die verskeidenheid eetplekke, die deli's en kaaswinkeltjies! Genoeg om die kids mee besig te hou by die avontuur sentrum ook! Beslis my nuwe gunsteling bestemming!"
"As dit nie vir Clarens Extreme op die dorp was nie sou dit baie vinniger al vervelig geraak het, maar dit is 'n baie mooi en vriendelike dorpie."