Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Fouriesburg is 'n pragtige Oos-Vrystaatse dorpie, wat deur berge omring word. Die ideale bestemming vir 'n kunstenaar-siel. Dis nie baie ver van Clarens af nie, net baie rustiger en stilte vir die siel!"
"Ons hou baie van die natuurskoon van Clarens. Die ongeteerde strate laat egter baie te wense en skaad beslis die goeie naam van Clarence."
"Clarens bied aan ieder en elk die geleentheid om sy passie uit te leef. Daar is 'n groot verskeidenheid aktiwiteite, restaurante, kunsgallerye en historiese besienswaardighede. Opmerklik is dat die dorp troeteldiervriendelik is. Verbasend is dat Clarens, ten spyte van baie toeriste, nog maklik beweegbaar is - mens voel veilig en gemaklik in Clarens. Net een versoek: laat die Supermark asseblief kaartfasiliteite kry! Ons loop nie meer met kontant rond nie!"
"Baie sentraal en gelig in 'n mooi deel van die Vrystaat. Clarens, Golden Gate, Moolmanshoek en dan natuurlik, Lesotho is alles binne ryafstand. "
"Dit is 'n baie klein plattelandse dorpie, klein en nie baie besienswaardighede self in die dorp nie. Daar is wel die mees amazingste winkeltjies wat 'n mens nooit kon gedink het jy sou kry in so 'n klein dorpie nie, onder andere Benjamins - wow, so 'n oulike winkel met die mooiste goedjies te koop. Dit is die ideale plek as jy wil wegbreek van die besig stadslewe vir stilte en kalmte."
"Fouriesburg is baie rustiger as Clarens en is baie sentraal geleë om Oos Vrystaat en Lesotho te verken. "
"Absoluut versot op Clarens, hou van die "buss" oor lang naweke, geniet al die restaurante - dink net die winkels sal beter doen as hul pryse effens goedkoper is - veral die plaaslike produkte! Gaan weer en weer kom kuier!"
"Ek wou nog altyd die dorpie en sy omgewing besoek en sal beslis weer eendag soontoe wil gaan. As ek mag, sal ek graag wil voorstel dat hulle die Tugella Waterval meer bemark. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld en toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n drie uur stap (een rigting) is en dit was toe reeds te laat die middag om die tog aan te pak."
"Clarens bly ons keuse vir 'n wegbreek. Net die grondpaaie is nie baie veilig vir gewone voertuie nie."
"Dorpie is baie duur. Op die beste langnaweek sal van die eetplekke se kombuis sluit om 6 pm wanneer almal wil uitgaan om te eet. Eienaar sal ook nie skroom om jou koud net weg te wys nie. 'n Spar of Pick 'n Pay sal 'n aanwins wees vir ons middelklas en die dorpenaars en gemeenskap."
"Sentraal geleë in 'n pragtige landskap en die hart van die dorp klop in die Fouriesburg Country Inn."
"Die pad tussen Clocolan en Ladybrand is vol slaggate en 'n mens kan nie vinniger as 80km/h ry nie, wat jammer is, want die pad kan eintlik so maklik reggemaak word en dan sal die rit nie so moeilik wees nie. Ons het van Bloemfontein afgekom, tot op Ladybrand is die pad werklik mooi."
"Alles en ek meen alles gans te duur. Almal wil graag iets koop en as hulle die pryse sien laat waar hulle dit. Jy kan ook aan die mense se kommentaar hoor. "
"Ladybrand is aan die voet van die Maluti/Drakensberge. Ongelooflik mooi. Baie ontspanne omgewing en ideaal vir die avontuurlustige reisiger. "
"Baie ontspanend, goeie oefening ingekry met al die loop na die verskye winkels, restaurante goeie kos en bekostigbaar."
"Clarens is baie mooi en skoon. Lekker staproetes. Overall is die dorpie over priced. "