Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."
"Die dorpie is pragtig! Ek sal beslis weer daarheen wil gaan en die omgewing beter wil verken. Dit was ons eerste besoek aan Clarens, ons het dus meer gefokus op wat die dorpie self aanbied, en dit was heerlik!"
"Dit is heeltemal verkeerd om verby te ry en nie daar in te gaan nie."
"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."
"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "
"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."
"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"
"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."
"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."