Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
"Heeltemal te veel om te sien en te doen vir net 'n naweek so verseker sal ons gou weer 'n draai daar gaan maak. Die mense is vriendelik, atmosfeer fantasties. Think I'm in love with Clarens ;)"
"Ek sal enige tyd weer terug gaan na Clarens. Die dorpie is wonderlik met 'n ongelooflike warm gevoel."
"Ons besoek Clarens ten minste een keer 'n jaar. Die omgewing is asemrowend mooi."
"Clarens is 'n wonderlike dorpie met al die kunsgalerye en wonderlike restaurantjies. Die Clarens Brewery is vir seker 'n moet op mens se "Te doen" lysie. Sal vir seker weer teruggaan."
"Ag ons het baie baie lekker gekuier en Clarens was baie mooi netjies en die winkels se personeel was te alle tye baie vriendelik. Hou so aan Clarens julle sal ons weer sien ."
"'n Pragtige dorpie, ideaal vir 'n kort naweek weg van die stad. Heerlike kuier plekkies en interessante winkeltjies. Clarens Brouerye 'n moet. "
"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"
"Naby aan die grens na Lesotho; Ficksburg en Clarens. Die plaas stoep restaurant verskaf heerlike boerekos en vriendelike kelners."
"Gaan ry gerus die Fouriesburg pad, dis van die mooiste natuurtonele en besoek hul dorp ook. "
"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."
"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."
"Het Clarens al baie oor naweke besoek, hierdie keer 'n Donderdag en Vrydag en nie so verskriklik besig en dus vir n meer aangename ervaring gesorg. Uitstekende toeriste-bestemming as jy van mense hou. "