Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"Margate en omgewing is pragtig en fantasties. Hartseer wat Covid aan besighede doen. Ongelukkig het ons met Covid teruggekom. Maar niemand te blameer daarvoor nie, want ons het baie rondgery."
"Ons was baie beïndruk na al die negatiewe kommentaar wat ons ontvang het oor Margate."
"Lieflike kusdorpie, ideaal geleë naby Margate en Ramgate en Southbroom met hul lieflike strande is ook nie te ver nie."
"Was lekker om bietjie meer aan die buitewyk te bly waar dit stiller is, en tog te weet alle noodsaaklikhede is naby genoeg."
"Uvongo het 'n mooi strand, gesellige restaurante met heerlike kos en verskeie aktiwiteite. Uvongo sal wel kennisgewings moet aanbring wat vakansiegangers waarsku om glad nie enige kraanwater te gebruik nie."
"Baie slaggate wat nie reggemaak word nie. Meer toeriste aantreklikhede en vermaak (anders as restaurante) en spesiale of dalk eksklusiewe winkeltjies soos in die ou dae is nodig."
"Margate in general had quite a lot of trash lying around in the streets. I loved the market."
"Ons kom al 'n hele paar jaar na Uvongo toe. Dis mooi, stil en die mense is vriendelik!"
"Margate is oorbevolk met toeriste, gelukkig is Ramsgate, Uvongo, Shelly en ander binne minute se ry."
"Sal nie weer in Uvongo bespreek nie. Strand was heeltemal toe oor riool in water. Was nie die eerste keer nie, voorheen was dit ook die geval toe ons daar was. Sal eerder verder op bespreek, soos Ramsgate of Manaba. Teleurgesteld in Uvongo - was gewoonlik 'n puik dorp en strand."
"Water- en riooldienste moet dringend deur munisipaliteit aangespreek word of dit gaan 'n spookdorp word."
"Baie mense was baie siek oor die rioolprobleem in die area wat mense siek gemaak het. Ugu is pateties!"
"Baie lekker strand. Alhoewel ons hom glad nie kon gebruik as gevolg van lekkende pyp wat munisipaliteit langer as 2 weke geneem het om te herstel."
"Ons gaan al vir baie jare Margate toe en ons kon nie glo hoe agteruit die dorp gaan nie. Ons verstaan met Covid het dit met baie besighede sleg gegaan, maar daar is nie veel instandhouding van die woonstel-geboue nie. Ons het op 'n deel gaan stap waar die pad blykbaar al 'n hele ruk terug verspoel het en die stappaadjie is gebreek en eintlik baie gevaarlik, maar dit word nie herstel nie. Dit is so gevaarlik dat die pad toegemaak is sodat motors nie daar mag ry nie. Oor die algemeen is Margate die beste vakansiebestemming, maar dit stel bietjie teleur - met al die toeriste wat steeds daarheen gaan kan daar tog sekerlik instandhouding gedoen word."
"If they can sort out the water problem, Margate is a good place to visit. The beach was clean and never full and so were the local restaurants."
"Die strand gaan agteruit. Dit was gesluit as gevolg van besoedeling en die winkels se kosgehalte is laag."
"Me, my husband and our 11 month old son got a stomach bug - allegedly due to the drinking water. The main beach was also closed during our stay due to water pollution and we had to go to Lucien beach."