Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"Baie lekker en veilige strand - jammer dat dit weggespoel het net voor ons aankoms."
"Manaba is mooi maar ek persoonlik verkies St Michael of Uvongo se strand. Baie sentraal geleë."
"Winkels loopafstand - Spar voorsien voldoende. Strand loopafstand vanaf meeste woonstelle."
"Vloede het dinge bietjie moeilik gemaak, maar is 'n pragtige bestemming wat rusting is met lekker strande."
"It's nice, everything is around, you don't have to travel far for food and stuff plus entertainment places are close too."
"Regte plek as jy wil eet en drink. Maar nie veel om te doen nie. Ons het na ander dorpies gery waar daar beter swemstrande was en meer opsies van winkels."
"Baie lekker, alles wat mens soek is so bymekaar. Ons vakansie was baie lekker daar by St Michaels on Sea."
"Het ongelukkig die agteruitgang van Margate beleef nadat ons weer daar was met hierdie trip. Baie hartseer daaroor, maar nou ja. "
"Was teleurgestel oor die motorfiets rally wat daar was. Ons as vakansiegangers kon glad nie by die strand uitgekom het nie, alle ingange was toe en hulle wou hê jy moes R100 'n dag betaal al wil jy net stand toe gaan of by 'n eetplek iets gaan eet. Ons het glad nie in die rally belanggestel nie, en kon nie eers een keer in ons 10 dae wat ons daar was strand toe gaan nie. Ek dink dit is baie sleg."
"Pragtige area met al die winkels waarvoor jy moontlik kan vra - ons het net ‘n swemstrand gemis. "