Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"Veilig en rustige plek. Ons het sommer na al die plekke toe geloop. Dit is als so naby mekaar. Pragtig en netjies."
"Dit is die moeite werd en ek beveel dit aan vir enige gesin. Julle sal dit geniet, 'n mens swem lekker in Uvongo. "
"Die vakansie daar was baie lekker, maar dit is 'n plek wat ons waarskynlik net buite seisoen sal besoek."
"Die strand is die beste strand waar ek nog was, veral as jy kinders het. Die strand loop egalig in die see in. Daar is 'n restaurant reg op die strand en dit is nooit te vol nie. Ons gaan nog elke jaar soontoe en sal definitief weer na Uvongo teruggaan."
"Great place to visit with such a beautiful beach, I couldn't stop taking pictures. "
"Vir 'n persoon wat sukkel om te loop, is dit baie moeilik om op die strand te kom, maar verder is dit 'n lekker strand."
"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."
"Dit is jammer dat strand nie altyd rustig is nie as gevolg van die doef-doef musiek. "
"Dit was baie lekker. Uvongo se strand was veral lekker met die klein kindertjies, omdat dit 'n snoepie, swembad en aktiwiteite het."
"My daughter got sick on the third day from the Lagoon water in Uvongo and ended up at the Margate Hospital needing medical attention for dehydration. We only found out from the doctor that there was a raw sewerage pipe burst that contaminated the water. "