Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"It is an ideal place to take your family for a nice holiday vacation, I cannot wait to return on my next holiday vacation."
"Baie lekke gekuier. Veilig en strande was skoon, al was dit besig en oor Nuwejaar. "
"Uvongo se strand is baie lekker met die lagoon, en met die rotse aan die agterkant keer dit baie wind. Die dorpie het alles wat mens nodig het en is naby genoeg aan ander dorpe as 'n mens bietjie wil gaan verken. Dit is ook nie te besig soos bv. Margate nie. "
"Ons kan enige persoon aanbeveel om daar te gaan vakansie hou. Alle winkelsentrums is binne bereik. "
"Ons het baie van ons vakansie gehou. Uvongo se see was baie vuil, het maar elke dag in Ramsgate gaan swem."
"Die veiligheid in Lawrence Rock is kommerwekkend. Daar was talle inbrake terwyl ons daar was en ons sal nie weer oorweeg om daarheen te gaan nie."
"Dit was glad nie so besig gedurende die Kersseisoen soos wat 'n mens verwag het nie."
"Peak season is too hectic around the area. The beaches are overfull and the roads are extremely busy."
"Very clean beach and toilets. Shops are within walking distance from chalets. Great place."
"Die strand is mooi, net jammer die riviertjie wat by die see invloei se water besit riool. Ons 5-jarige dogterjie het baie siek geword en die dokter sê dit is die water en ons moet nie daar swem nie. Daar is geen borde op wat toeriste waarsku nie."
"Beter aanduidings oor waar swemstrande is. Verkeer is 'n probleem - in- en uitdraai vanuit die hoofpad en lang toue motors by verkeersligte. Ek moet Shelly Beach Car Wash komplimenteer - een van die bestes wat ek nog ondervind het en uitstekende waarde vir geld, veral nadat ons KZN Makathini-vlakte se sand en modder moes uit- en afwas!"
"Een van die skoonste strande nog. Sal nie weer Margate of St Michaels of ander omliggende strande besoek nie. "