Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.
"Die gate in die grondpaaie kan so bietjie opgevul word, maar verder is die bos gevoel heerlik!"
"Our first visit ever to Marloth Park, and we were very impressed, home from home, we are members of the Marloth Sighting group, it was so great to keep in touch while we were there."
"Die park is ook netjies en skoon en die mense by winkelsentrum is oorvriendelik en is baie behulpsaam. Die personeel by die hekke is ook vriendelik en baie professioneel. Dit was uit en uit die moeite werd."
"Baie lekker vakansiebestemming. Oulike restaurante, lekker kos, goeie diens, volop wild. Alles wat mens nodig het, van 'n slaghuis tot 'n haarsalon. Definitief nou 1 van my gunsteling plekke!"
"Baie lekker om rond te ry en diere te kyk. Ons het verskriklik baie gesien. Ook baie lekker om te draf en fiets te ry."
"Marlothpark is heerlik om by te bly, naby die Krugerpark en veels beter as om in Kruger te bly."
"Hulle moet dalk kyk om 'n warm swembad vir groot mense te bou en plan te maak oor die draad wat so gerek is tussen hulle en die Kruger. Maar bly die lekkeste plek ooit om met vakansie te gaan."
"Daar was vreeslik baie voetgangers, selfs 'n onverwagte/onvanpaste inloer by die kamer ruit deur 'n vroulike voetganger."