Geverifieerde Resensie
Meer-en-See
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Meer-en-See bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 72 resensies.
"Is die beste strand! Pelican Island was ons gunsteling! Meer-en-see! Baie dankie dat julle ons kind se eerste see-ervaring baie spesiaal gemaak het!"
"Very neat and scenic area, close to the beaches, waterfront and shopping centres."
"Die area is besig om te groei met baie werk en konstruksie wat gedoen word in die omliggende areas. Dit beteken dat daar toekomstige voor uitgang is vir die area."
"Die publieke strand word nie ordentlik deur die plaaslike munisipaliteit bestuur/in stand gehou nie. Ons sien nie ons weg oop om weer Richardsbaai te besoek voordat dit nie opgeklaar is nie."
"Was baie verras het nie gedink dit gaan so mooi skoon wees nie, dis regtig 'n pragtige plek!"
"Uitstekende visvang-bestemming. Die yacht club is baie netjies en akkommoderend vir kinders. Alkant strand kort ordentelike toilet geriewe wat werk, met 'n behoorlike kafeteria om iets te kan koop om te eet en te drink. Dalk weens die fees seisoen, maar die grasperk voor die strand was besoedel met gebreekte glasstukke."
"Ons geniet dit altyd om soontoe te gaan. Dis meestal baie rustig en mense baie vriendelik. "
"Daar is nie baie om te doen nie, maar dit is rustig, mooi en warm. Perfek vir iemand wat wil rus."