Geverifieerde Resensie
Merweville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Merweville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 137 resensies.
"'n Oulike dorpie met gasvrye mense, waar jy stilte, rustigheid en die sterre kan geniet."
"Merweville is 'n pragtige dorpie - dit het vir my 'n absolute hartsplek geword en ek sal enige tyd daarna terugkeer! As ek kon, sou ek myself sommer daar wou vestig!"
"Bitter droog in daardie deel van die land en ons het meer insig omtrent die droogte gekry. Unieke dorp met unieke mense."
"Lekker plaaskuier op Merweville, dis nou 'n plek waar jy heerlik kan ontspan, goeie kwaliteit tyd spandeer saam jou hartsmense."
"Een van die mooiste dorpies wat ek al besoek het. Kan dit baie sterk aanbeveel. Ook goed om draai te maak in die dorp as jy 'n fan van Die Boekklub TV-reeks was."
"Lieflike Karoodorpie as mens wil wegbreek van die gewoel van jou daaglikse lewe."
"Merweville is 'n hartsplek vir my. Elkeen wat lief is vir die Karoo moet op Merweville gaan oorbly. Woon 'n kerkdiens by in die pragtige kerkgebou. Ry na die uitkykpunt vanwaar mens oor die hele dorp kan sien. Elkeen wat die Boekklub geniet het, moet beslis by Die Boekklub restaurant gaan eet - die kos was uit die boeke."
"Mense is vriendelik, die omgewing is stil maar ook sy eie mooi. Beste etes in Merweville by Angela's winkeltjie oorkant Miems."
"Dit sal handig wees as besoekers voor die tyd ingelig word van die dorp wat tussen 13:00 en 14:00 toe is en wanneer die water af is. Dit help mens net beter beplan."
"So pragtige, lieflike en skoon klein dorpie. Die Karoodorpie het 'n besonderse bekoring en jy kan oral stap. Beperkte eetplekke en handelaars, maar dit dra als by tot die gevoel van rus en vrede."
"Dit is die moeite werd om 'n draai by die Boekklub te maak. Die plaaswinkels daar naby is die moeite werd om in te loer. Draai af vanaf die N1 en oornag in Merweville."
"Was lekker om al die plekke waar Die Boekklub geskiet is te besoek. Bietjie afgeleë van die hoofroetes, maar was beslis die moeite werd om dit te besoek."
"Mooi rustige klein dorpie. Enige iemand kan gerus gaan kyk. Mense is vriendelik en hulpvaardig. Lekker ontbyt by die Boekklub-koffiewinkel."
"Merweville verdien baie meer reisigers wat oornag en die area verken. As jy rustigheid en stilte wil ervaar is dit die perfekte plek en nog maklik bereikbaar met teerpad vanaf N1. Vanaf Sutherland se kant is dit asemrowend maar heelwat moeiliker grondpad. Saans hoor jy nie n geluid nie, dis pikdonker en voel dit soos ’n plaas. Merweville is pragtig !"