Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 118 resensies.
"Middelburg, nogsteeds een van die skoonste dorpe in Mpumalanga. Die toegangswee tot die dorp word ongelukkig geteister met swaar verkeer(vragmotors), wat lei tot frustrasie."
"Die nuwe mall, wat letterlik net om die hoek is vanaf Aero Lodge, het al die fasiliteite en benodigdhede gehad wat ons gesoek het."
"Nice, friendly people. Not enough kosher/halaal eateries. Kamikaze drivers during loadshedding."
"Glo nie Middelburg is 'n toeriste bestemming nie. Maar 'n 1/2-weg stop op pad. Middelburg is 'n groot dorp en het al die winkels om die nodige en nog wat te kan kry."
"Dis nie 'n toeristedorp nie, maar is 'n goeie halfwegstop tussen Gauteng en die Laeveld."
"Mooi skoon en netjies in die woonbuurt. Geen geraas van verkeer nie. Goeie ligging."
"Middelburg is die skoonste dorp wat ons in 'n lang tyd beleef het. Geen gemors in hul parke of op sypaadjies nie. Die parke word netjies onderhou."
"Middelburg was nie ons eindbestemming vir die vakansie nie. Die inkopiesentrum langs Aero Lodge is gerieflik. Ons het gou 'n burger daar gaan eet."
"Straatbeligting in die aand nie van die beste nie. Veral in die winter wanneer dit vroeg donker word."
"Nie veel om te doen in die dorp of mall nie. Mense is baie vriendelik, iets wat mens nie sommer sien in die stad nie."