Geverifieerde Resensie
Montagu
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Montagu bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 730 resensies.
"What a beautiful gem of a town this is. We have driven through many times but this was our first stay and we will definitely be back. "
"Jy gaan Montagu toe om te ontspan. Moenie te veel van die naglewe verwag nie. Daar is 'n paar juwele. Behalwe natuurlik die Barn on 62, kan ons Bluvine en 22 on Church baie sterk aanbeveel."
"Ons kon nie 'n ordentlike restaurant opspoor nie. Miskien het ons op die verkeerde plek gesoek. Rustige plek waar mens regtig kan uitspan met pragtige natuurtonele."
"Doen huiswerk voor jy Montagu toe kom. Het bietjie gesukkel om 'n oop restaurant 3 uur te kry. Meeste maak 6 uur oop. Het darem lekker geëet by Die Boord. Vriendelike personeel, kos heerlik."
"Quaint town with a lot of history and interest. Well located to explore the nearby wine farms and other attractions."
"Pragtige, skoon dorp met baie om te sien en te doen. Skilderagtige natuurskoon en omring deur die mooiste berge."
"Was beïndruk met die netheid van die dorp en hoe die geboue netjies en in 'n goeie toestand is."
"Mooi omgewing en vriendelike mense. Lekker gedroogde vrugte. Die lekkerste pannekoek met hoenderlewer geëet by Die Kloof Padstal. Kan dit aanbeveel."
"Pragtige rustige dorpie met 'n eiesoortige atmosfeer en heerlike eetplekke. Regtig 'n besoek werd."
"Montagu is a lovely little town that I will continue to visit over and over again."
"Dis een van die lekkerste vakansie plekke met mooi berge so ook omgewing, raai enige een aan om daar vakansie te gaan hou."
"Die dorp is 'n rustige plek, maar benodig meer eetplekke. Maar verder is dit 'n lekker plek vir wegbreek van al jou gewone lewe."
"Montagu is 'n oulike dorpie as jy wil wegbreek vir 'n naweek. Daar is nie eintlik iets om kinders besig te hou nie, verkieslik moet Montagu in die somer besoek word."
"Dis 'n rustige bestemming, genoeg om te doen en te geniet in die omgewing. Lekker wynplase naby geleë."
"'n Skoon en netjiese dorpie waar jy beslis moet oorbly as jy op pad is deur die Kaap."
"There are quite a few farm stalls and restaurants to visit in the area, selling everything from wine to dried fruit, which includes the factory shops of Montagu and Cape Dry."