Geverifieerde Resensie
Mossel Bay Golf Estate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay Golf Estate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.9 uit 5 gekry volgens 53 resensies.
"Pragtig hoog bo die baai geleë met wonderlike uitsig. Goed versorgde en veilige omgewing."
"Die vriendelikste mense in Suid-Afrika bly op die landgoed en gaan uit hulle pad uit om mens welkom te laat voel. Die baan is in 'n goeie toestand met die mooiste uitsig op die oseaan, "you see the sea from every tee"."
"Ek sal beslis graag daar wil bly eendag. Stil, rustig en naby alle geriewe en strande."
"Ek sal enige een aanbeveel om tyd daar te spandeer. Rustig en vreedsaam. Terug in natuur."
"Pragtige landskap en argitektoniese huisontwerpe, vele met uitstekende see-uitsig. Tot 'n groot ooruil het ons verwelkom. Hoogs aan te bevele. "
"Wat 'n pragtige plek! See aan die een kant en grasgroen gholflandgoed aan die ander kant."
"Dis die ideale plek as jy wil ontspan. Skoene uitskop en die mooi ligging wil aanskou. See-uitsigte is asemrowend en die area is sentraal geleë. Baie veilig en baie netjies."