Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Diaz-museum baie interessant en die sandplankry by Vleesbaai is 'n wonderlike ondervinding - definitief iets om te oorweeg as Mosselbaai besoek word."
"Mosselbaai is 'n uitsonderlike plek, baie mooi ook ... ek hou van die see, is 'n lekker plek as jy wil wegbreek vir 'n naweek of met vakansie wil gaan."
"Baie mooi plek. Ons het dit gekies omdat dit naby Oudtshoorn is, met die volstruisplase en die Kango-grotte."
"Ons het baie negatiewe gevoel gekry oor troeteldiere. Ons het 2 klein hondjies saam met ons gehad en oral was bordjies op dat honde nie toegelaat word nie. Ons bly in Kaapstad en hier ervaar ons nie dieselfde negatiwiteit teenoor troeteldiere nie."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Blue Whale Lodge"Mosselbaai as toeristebestemming is sentraal geleë, baie om te doen en om te besoek in 'n 100 km radius. Sal altyd terugkeer Mosselbaai toe vir 'n vakansie!"
"A wonderful place to get away from the trials of life. Amazing people live there."
"Dit is 'n pragtige en wonderlike deel van ons land, wil sommer als in Gauteng verkoop en daarheen trek!"
"Mosselbaai is lekker naby George-lughawe, Mosselbaai het alles wat jy nodig het maar voel nie soos 'n groot dorp nie. Mosselbaai is goed geleë, ons kan daarvandaan elke dag uitry na die aangrensende vakansiebestemmings."
"Baie spesiaal: die bosbokke, fisante en tarentale wei in die tuin - het soos die tuin van Eden gevoel! Danabaai - heerlik rustig en stil!"
"Die Mosselbaai Gholfklub is pragtig. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam waar jy ook al gaan."
"Rustig, groter as verwag. Bokkies wat tussen huise wei skep baie aangename atmosfeer."