Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2136 resensies.
"Die St Blaize ligtoring is 'n lekker uitstappie en die restaurant het die lekkerste vars koek. Ons het ook die 500-jaar-oue posboom en rondstap op die replika van die Diaz-skip baie interessant gevind. Ons sal moet teruggaan vir die "zipline" en die Diaz Express-rit!"
"Mosselbaai is 'n heerlike plek vir 'n wegbreek of vakansie. Baie sentraal geleë, baie om te sien en te doen. Heerlike weer en vriendelike mense!"
"Fantastiese vakansiebestemming, maar dit begin nou bietjie té populêr raak ten opsigte van die verkeer in die dorp."
"Love Mosselbaai net soos hy is, sal beslis weer en weer soontoe gaan. Soek reeds ons volgende vakansieblyplek."
"Ons is baie lief vir Mosselbaai en het hierdie keer heerlike wegneemetes by Cachalot (calamari en vis) en ook by Matt & Collins Pizzeria gekry (pizza's is reg uit die hemel)."
"Wonderlike plekkies om te besigtig en baie om te doen. Vriendelike stad met al die klein plekkies om Mosselbaai. Heerlike winkels en eetplekke. "
"Daar is baie om te sien en doen en vir seker 'n dorp om by te stop as jy van ons land se geskiedenis hou."
"Heerlike, mooi plek. Strande is mooi skoon, en die water is ook mooi skoon. Baie dinge om te sien."
"Mosselbaai is 'n plekkie wat ek vir ander sal aanbeveel, hou al die afgelope 4 jaar daar vakansie."
"I would prefer to visit Hartenbos as a holiday destination with the lovely cliff path, beach walks, and entertainment and craft markets available."