Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Baie mooi kusdorp, die Dias Museum, Santos Strand, The Point, is alles plekke om te verken en te geniet by die see. Mosselbaai is 'n lieflike dorp en daar is vreeslike mooi Antiques by Steyn's. Die heerlikste roosterkoek en spareribs kos geëet by Kaai for Braai. "
"Mosselbaai is 'n absolute wonderlike vakansie plek om te besoek. Weer is gematig en strande is mooi skoon."
"Mosselbaai self is 'n baie mooi stukkie natuur om te besoek en baie in die omgewing om te doen en te sien. Die ligtoring was 'n hoogtepunt en ook die Diaz museum! Sonsopkoms is asemrowend op die punt en mense van omgewing is baie vriendelik en meestal in Afrikaans begroet! Awesome!"
"Ons was net een nag daar, maar was baie rustig en beeldskoon uitsigte. Ek speel nie gholf nie, maar kan dink dat dit 'n baan is wat op enige speler se lys moet wees om te speel."
"Dis baie mooi en hulle het allerande shuttle dienste en die personeel is baie vriendelik en professioneel. Die strand wat hulle adverteer is baie klein, Oesterbaai, en mens kan nie regtig daar swem nie. Moet maar uit die estate ry om te gaan swem. Baie veilig en stil! So mooi met gholfbaan en see wat mens by jou kamervenster sien! Hulle kyk baie mooi na die estate en dis eintlik lekker dat daar geen karre kan ry nie."
"Ons eerste keer in Danabaai, dit was ongelooflik mooi, en ons het geen druk van vakansiegangers ervaar nie. Dit só skoon en prentjie mooi. Ons het tot een oggend 'n klomp dolfyne gesien."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Bay Vista Guesthouse"Dit was so lekker egte Suid Afrikaanse mense en omgewing. Pragtige klein dorpie."