Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Lekker plek wat voldoen aan al jou kuierbehoeftes, of dit nou binnenshuis is by verskeie kuierplekke voor 'n kaggel, of buite op 'n fiets/motorfiets, hengel of gholf. As jy verveeld is tydens jou besoek, is net jy daarvoor te blameer!"
"Het daar gaan werk, so het nie rêrig gekyk na Witbank as 'n toeristebestemming nie."
"Lieflike netjiese en vooruitstrewende dorp, 'n sprankie inspirasie op die platteland."
"Ongelukkig laat die toestand van die strate en paaie veel te wense oor."
"Beste plek om weg te kom van die stad se geraas. Die diere wat vrylik rondloop in die park het baie genot verskaf. Sal gerus teruggaan."
"Ons harte gaan uit na die diere in die park. Baie, baie droog. Diere soek orals kos! Dankie aan die winkel wat voerpille verkoop wat vir die diere gegee kan word. Sal beslis weer gaan!"
"Lieflike kunsdorpie. Perde 'n onvergeetlike ervaring. So mooi om te sien en beleef. Was hier tydens Wild Horse Festival. 'n Moet om te beleef. Baie vriendelike mense in dorp. "
"Mense in die supermark by waterpark kan bietjie vriendeliker wees."
"Heerlike plek om te gaan rus. Mens hoef eintlik glad nie rond te ry nie, want diere kom kuier by die huise. Die grondpaaie is net sekere plekke baie sleg vir lae voertuie."
"I rate Wakkerstroom 5 stars from a birding perspective, also 5 stars for Thyme Out Restaurant. A gem to be explored by all."
"Daar word by alle besienswaardige plekke soos die watervalle toegangsgeld gevra. Ek wonder net wat word met die geld gedoen? Die lift by die kloof het glad nie gewerk nie, wat 'n groot teleurstelling was. Dan word daar nog R95 pp gevra indien jy die trappe in die kloof af sou wou gebruik. Dit voel vir my dat vir ons plaaslike mense raak al hierdie aksies net te duur. Restaurante kan ook gerus meer bekostigbare geregte bedien. Ons hou van uiteet, maar dit raak net belaglik duur en ek dink omdat daar baie buitelanders die plekke besoek, word pryse aangepas en word daar vergeet van toeriste wat moet sente omdraai."
"Pragtige omgewing kan na soveel plekke om Graskop gaan in een dag. Was baie koud en nat wat ons nie verwag het nie, maar dit was nogtans 'n onvergeetlike tyd hier."
"Marlothpark is die ideale bestemming vir individue wat graag diere wil sien, soos rooibokke en sebras, maar leeus en olifante ens. kan in die Krugerwildtuin langs die Krokodilrivier gesien word sonder om kilometers ver saam met 'n besige jongspan in die kar te ry."