Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"So many little thoughts and treats for their guests to enjoy. Absolutely 5 star."
"Lovely scenery. Laid back activities like art and crafts, horse riding, whiskey and gin tasting. Very friendly people. Highly recommend Harries pancakes, Belgian waffles and the Coachmans for eating out with kids. Latter 2 places had kiddies play area."
"Sal weer soontoe gaan. Mense baie vriendelik en die wilde diere is awesome. Die kinders het dit terdeë geniet."
"Was nie alles wat ek verwag het nie, maar dalk omdat ons net een aand oorgeslaap het. Sal graag weer wil gaan en 'n paar aande oorslaap."
"Ons indrukke was dit baie gekommersialiseer is, gerig om die internasionale toeris en daarom het die dorp van sy bekoring verloor. Sommige winkels se pryse is buitensporig."
"Nie my idee van vakansie, maar ideaal vir oorbly om wildtuin te besoek en die grens oor te gaan na Mosambiek."
"Die dorp het 'n paar gate in strate. Dorp skoon. Mense vriendelik. Heerlike kos, gesellige restaurante."
"Om vanaf Olifantskamp deur die Kruger Wildtuin te ry tot by Sabie was die perfekte afsaal plek."
"Wakkerstroom is die ideale dorpie vir enigeen wat 'n wegbreek van dorp en stadsgevoel wil hê. Baie restaurante om heerlik te eet en orals sal jy 'n vriendelike gesig sien!"
"Sover is die dorp redelik vry van oortollige karwagte, rondlopers en verkopers wat maak dat mens te bang is om uit jou voertuig te klim - hou dit asseblief so. Maar die mense is gaaf en die atmosfeer rustig. Sou graag meer wou sien van die riviere en omgewing waarvoor Dullstroom bekend is. Ons vang nie vis nie, maar wat van 'n besigtingstoer? Die pad Tonteldoos toe was 'n riller met niks anders as een koffiewinkeltjie nie. "