Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.

Dullstroom, Mpumalanga

Anglers Court

"Lekker vir 'n naweek."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Hippo WaterFront Lodge

"Nelspruit is maar net asemrowend en dit bied die mooiste natuurtonele. As jy na Nelspruit toe gaan, moet jy definitief die Sudwalagrotte en natuurlik God`s Window gaan besoek."

Graskop, Mpumalanga

A Pilgrims Rest

"Goeie sentrale punt om die omgewing te verken. Lekker eetplekke en rustige atmosfeer. Dit benodig 'n kunswinkel met goeie skilderye en miskien antieke meubels. Syfabriek is uniek en beslis die moeite werd om te besoek."

Graskop, Mpumalanga

Log Cabin & Settlers Village

"Ek sal eerder Graskop gebruik om die die omgewing te verken. Ons was teleurgestel in Pelgrimsrus. Ek moet sê, die feit dat jy nou orals moet betaal om te gaan kyk na plekke in die dorp het my heeltemal afgesit. Verder, die grootste deel van die dorp is net 'n vlooimark met goed wat ek in enige mark kan koop. Bourke Luck is ook net 'n lokval vir toeriste nou. Jy betaal R55 om in te kan gaan. Dan is daar orals vullis wat op die terrein rondlê en nie opgeruim word nie. Die badkamers is ook haglik. Daar is 'n inligtingsentrum, maar geen werklike inligting nie. Ek sal voorstel dat hulle borde opsit wat sal verduidelik hoe die kolgate gevorm is en watter tipe rots dit is. Dit wil ook lyk of daar besoedeling voorkom in die rivier wat daar deurloop."

Graskop, Mpumalanga

Autumn Breeze Manor

"Graskop and the sorrounding areas are so wonderful. "

Malelane, Mpumalanga

Selati 103 Guest Cottages

"Daar is potensiaal, maar die dorp kort 'n skoonmaak."

Hazyview, Mpumalanga

Kruger Adventure Lodge

"Pragtige plek. Onthou om malariapille te drink."

Marlothpark, Mpumalanga

Casa Ava

"Marloth Park is 'n heerlike bestemming om te rus en ontspan."

Kaapsehoop, Mpumalanga

Lambourn's Self Catering Cottage

"Kaapsehoop is een van daardie edelgesteentes wat mens eintlik met niemand wil deel nie! Puik plekkie om te ontspan, met of sonder kinders."

Hazyview, Mpumalanga

Eagles Nest Chalets

"Lekker restaurante en winkelsentrums! Net verskriklik besig."

Wakkerstroom, Mpumalanga

Semi Soet

"Goeie bestemming as jy 'n voëlkyker is, andersins is daar maar min te doen op die dorp."

Dullstroom, Mpumalanga

The Beagle’s Nest

"Baie om te doen en te sien, maar as jy wil wegvlug van 'n gedrang van mense is dit egter nie die plek vir jou nie."

Hazyview, Mpumalanga

Nie-Zel LogHomes

"We have holidayed on numerous occasions in the Hazyview/Sabie area and have always enjoyed our stays there. It definitely is a great tourist area for foreign tourists as well as South Africans who want to enjoy their own country's sights and attractions."

Graskop, Mpumalanga

Summit Lodge

"Graskop is 'n pragtige dorp en ek dink daar gaan dalk ontwikkeling kom met die opening van die Graskop Gorge Lift."

Waterval Boven, Mpumalanga

Luilekker Guest House

"Dis net jammer dat die dorpie se strate uitmekaar val. Sal beslis teruggaan om die klip sirkels te besoek. Dis 'n onbekende toeriste attraksie wat fasineer. Die tolhek by Machado is baie duur."

Hectorspruit, Mpumalanga

Buffalo Hotel

"The location is remote."

Kaapsehoop, Mpumalanga

Silver Mist Guest House

"Min inligting oor dorp in die dorp self beskikbaar. Moes als uit inwoners uit trek! Doen self vooraf navorsing. Nie al die verblyf plekke adverteer nie."

Marlothpark, Mpumalanga

Magani Ridge

"Nog altyd 'n groot gunsteling vir ons om te besoek omdat dit die geleentheid bied om ook deel van die Kruger se wild te sien uit jou eie omgewing."

Dullstroom, Mpumalanga

Muddlers Minnow

"Baie lekker gekuier!"

Sabie, Mpumalanga

Sabie Star Chalets

"Sabie is lekker sentraal want jy kan Hazyview toe ry asook Graskop toe ry en al die besienswaardighede daar ook gaan sien."

Marlothpark, Mpumalanga

Maroela Chalets

"Die enigste nadeel is om te sien hoe Marloth Park agteruit gaan, rommel lê die wêreld vol en dan kyk baie mense nie behoorlik na hulle erwe nie, by soveel huise lê boumateriaal en gemors rond en word nie behoorlik netjies op 'n plek gesit nie, soveel mense plant allerhande tuinplante om hulle huise en dit vat die natuurlike gevoel weg. Dan word mense ook net ingelaat in Marloth en die hek beheer is glad nie streng nie. Alhoewel ons geen water probleme ervaar het nie was groot dele van Marloth Park dag na dag sonder water en vreeslik baie mense het daaroor gekla, ek was vir 10 dae in Marloth en vir 10 dae was daar waterprobleme."

Graskop, Mpumalanga

Mogodi Lodge

"Pragtige dorp met koel weer en reën."

Marlothpark, Mpumalanga

Lions Roar

"Baie lekker plek."

Kaapsehoop, Mpumalanga

Silver Mist Guest House

"Hou die dorp met sy perde asseblief soos dit is."

Witrivier, Mpumalanga

Balcony Manor

"Wonderful small town, convenient cause it's closer to places to visit."

Blad
Blad 256 - Wys 7651 tot 7680
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang