Buffalo Hotel
- Kapasiteit: 45 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Eerste- en Torchwood-straat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R1 240 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Buffalo Hotel is die oudste hotel in Mpumalanga se gewilde Wilde Grens-streek en dis in 1923 gebou. Die hotel is ideaal vir gaste wat op soek is na bekoring, rustigheid en 'n gerieflike ligging om die Laeveld en buurlande te verken.
Die luukse kamers is smaakvol versier en beskik oor lugversorging, satelliet-TV en koffie- en teemaakgeriewe. Ontspan lekker in die swembad langs die tuin of geniet 'n mengeldrankie in die lapa met 'n uitsig oor die swembad. Daar is ook 'n venue vir funksies.
Daar is oorgenoeg parkeerplek vir 4x4-voertuie met bote, sleepwaens en karavane. Spesiale voorsiening word gemaak vir gaste wat op reis is na Mosambiek.
Buffalo Hotel bied ook konferensiegeriewe, 'n restaurant, lapa, boma vir groepe, 'n swembad, verhitte swembad, trampoliens vir kinders en ander geriewe.
Die wêrelbekende Buffalo Bar is baie gewild en is toegerus met groot platskerm-TV's en 'n veranda met pooltafels, veerpyltjies en ander vermaak. Die kroegspyskaart is ook gewild onder besoekers wat hul dors hier kom les.
Die ligging is ook ideaal vir gaste wat die Krugerwildtuin wil besoek of visvang-ekspidisies na Mosambiek, Swaziland en die Panoramaroete wil aanpak. Al hierdie aktiwiteite moet vooraf gereël en bespreek word. Hectorspruit is tussen Malelane en Komatipoort en is die ideale ligging tussen Mosambiek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Elna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Hoek van Eerste- en Torchwood-straat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Buffalo Hotel het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 45 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Eerste- en Torchwood-straat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga