Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
White River Country Estate, Mpumalanga
Pinehurst Place"Dis 'n mooi rustige landgoed, ideaal vir gholfspelers. Dit is ook heerlik vir laatmiddag-stappies. "
"Dit was ons eerste besoek aan Kaapsehoop. Dit is 'n pragtige, rustige dorpie. Jy kan definitief heeltemal uitrus en daar is genoeg om vir 'n hele week vakansie te hou."
"Ons het jare terug daar gebly en is nou toegerus met 'n splinternuwe mall met al die nodige winkels. Spar het nou 'n SuperSpar geword. Bly maar 'n lekker plek."
"Die paaie is baie baie swak in Leydenburg, ons wou net 'n week gaan maar het toe 'n hele maand gebly! Maar die paaie is regtig baie sleg in daai dorp."
"Graskop is heerlike plek om te ontdek, net jammer vir die paaie oral rondom wat heeltemal te veel slaggate het."
"Ek ken Sonheuwel nie so goed nie, maar dit is 'n pragtige boomryke area wat altyd verfrissend is wanneer mens in n "stad" moet wees. Alles wat ek nodig gehad het was naby mekaar."
"Die geo-reis roete met die R40 na Swaziland is heel interessant. Ongerep en met pragtige berge, klowe en passe."
"Lekker verblyf naby die Kruger Park. Baie toeganklik tot ander besienswaardighede. Noodsaaklike dienste soos winkels en banke ook in die park beskikbaar. "
"'n Wegbreekplekkie wat jy jou voete kan opsit en kan vergeet van die gewoel van die stadslewe, met baie vriendelike gesiggies wat jou verwelkom. "
"Graskop self nie te sleg nie. Die omgewing en natuurskoon uit die boonste rakke. Sal enige tyd weer gaan en enige een aanraai om hier 'n draai te maak."
"Loved the people and surroundings. Was lovely to be able to walk around and everyone greets you. Loved the eclectic and old school atmosphere. So different from life in the city. My only complaint is that we could only spend 5 days there. Definitely will be longer next time."
"Graskop is die ideale plek om te wees wanneer jy daardie deel van ons land wil verken en geniet. Die dorpie in die berge, nogal "cute" soos hulle sê. 'n Rit soontoe is 'n moet."