Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Daar is geen sekuriteit by die ingangshekke nie. Hulle maak die hek oop sonder om te vra vir die rede van jou besoek."
"Hazyview is basies 'n goeie toeristebestemming agv die Kruger Park. Die fasiliteite is uitstekend maar weereens agv die park anders sal daar nie malls gewees het nie. As jy nie in die park bly nie bied Hazyview 'n baie goeie basis om die park te besoek."
"Siels vernuwend om buite te sit. Koffie te drink. Die nuwe dag te begroet. Die son te sien opkom. Diere wat stil en rustig hulle gang gaan."
"Pragtige dorpie. 'n Ompad vir die baie trokke sal 'n aanbeveling wees, want hulle doen afbreek aan die rustigheid van Dullstroom."
"Bo die verwagting. Was eerder in Nelspruit. Groot stad nou. Gaan nie weer Hazyview toe. Dis nou net Witrivier."
"Baie goed geleë naby hospitaal en eetplekke wat vir ons gerieflik was."
"Oulike dorpie met als wat mens nodig het om n dag in die opelug te geniet! "
"Awesome plek kom nou al vir amper 10 jaar na Marloth toe en dit is altyd aangenaam om weer te moet terugkom en ons as gesin of met vriende sien altyd uit om weer te kom."
"Ek glo nie dat Ermelo regtig as 'n toeristebestemming beskou kan word nie, maar dit is 'n goeie halfweghuis met genoeg om te doen en te ervaar."
"Small community that thrives to give you the best experience. Friendly and lots to do. "