Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Again a lovely opportunity but so underutilized. The museums were boring with no interactive displays for children, some museums didn't even have any information! The website photos are also misleading in that you don't get to go panning for gold, it is a brief demonstration that's all. It was very disappointing. The town has a huge problem with car wash and car guards hounding you constantly. Such a shame because it could be so much more."
"Marloth Park is 'n droom vir mense wat lief is vir die bos. Die kriminele element maak dat ons in die toekoms goed sal kies oor waar ons tuisgaan."
"Fantastiese plek en omgewing, wil weer 'n draai gaan maak om plek lekker te verken!"
"For fly fisherman, the Municipal Dam is always a great option if you do not have access to your own water. It appeared to be well managed at the time of our stay (June 2017) and although we did not fish, there were other fishermen and women catching nice trout, and a lot of surface activity was observed during the evening rise across the whole dam. Day fee of R150 per rod, allows you to keep one fish per rod. Additional fish that are kept are charged at R90/kg. Catch and release is encouraged as is fishing barbless. "
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Ons was nie mal oor Marloth Park se "game reserve" Lionspruit nie. Die plekkie is toegegroei, die bome het ons bakke verskriklik gekrap, let ook net op dat jy eers by die munisipaliteit moet betaal om in Lionsspruit te kom, hulle vat nie geld by die hek nie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Vineyard On The Hill"Love Nelspruit, town has everything you need, and very friendly people."
"Die paaie in Marloth Park is baie sleg, behalwe Olifantstraat wat 'n teerstraat is. Ons het 'n karavaan gesleep en van die grondpaaie is werklik baie sleg. Die personeel by die toeristebestemming was baie behulpsaam."
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Kaapsehoop is 'n lieflike dorpie en dit sou heerlik wees om vir 'n week of 2 daar oor te bly en die dorpie goed te deurtrap. Inligting i.v.m. akkommodasie in Kaapsehoop is baie swak op die internet en die enkele plekke wat by LekkeSlaap adverteer is relatief duur (R800 per persoon per nag). Art Botique was die enigste plek met 'n bekostigbare prys per nag wat ek kon besigtig op die internet. Die diens van beide LekkeSlaap en Art Botique was uitstekend en het die oornag 'n groot plesier gemaak. "
"Marloth is 'n moet vir enige natuurmens. Die winkels het my erg verbaas en die winkel by Marlothi sentrum se slaghuis het heerlike vleis gehad vir ons braai. Die langnaweek was net te kort, sal volgende keer langer gaan."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."
"Almal was baie vriendelik en hulpvaardig, en die besighede maak dit baie gerieflik. Daar is net 'n geweldige hoeveelheid mense of werkers wat oral in die straat rondsit of staan, wat 'n mens onveilig laat voel."
"Ons lief Hazyview, het al by vele plekke daar gebly en meestal deur julle bespreek en gewoonlik uitstekend. Daarom meet ek Kwambali teen ander plekke met soortgelyke tariewe, definitief nie aan te beveel."