Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Rustige atmosfeer. Winkeltjies is toegerus met alles van ys tot tydskrifte. Baie wild gesien in 3 dae binne die park. Van die grondpaaie is bietjie sleg vir lae voertuie."
"Dis jammer die plekke het baie vervalle geraak en baie winkels het toegmaak - die beperkte eetplekke is die moeite werd om te besoek."
"Gaan eet beslis by Pickles & Things Bistro - die diens is vriendelik en kos uitmuntend. lieflike en vriendelike dorpie."
"Marloth Park kan gerus meer moeite doen met hul paaie. Die paaie is swak en maak dit byna onmoontlik om met 'n gewone voertuig in die park rond te beweeg."
"Daar is oulike winkeltjies, restaurante en heelwat besienswaardighede in die dorpie en iets vir almal om te doen. Dis nie te ver van Johannesburg af nie, so maklik vir 'n naweek om weg te breek. "
"Mooiste staproetes na die waterval en die eskarp. Rustige dorpie met die mooiste perde! "
"Badplaas se ligging is pragtig met baie aktiwiteite en beslis die moeite werd om te besoek."
"Die plekkie word elke jaar aantrekliker. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam en doen baie moeite om hulle dorp te adverteer. Daar's baie te doen en die voëlgidse is bekwaam en vriendelik."
"Perfekte plek om te bly en vandaar af dagritte te onderneem. Besoek beslis die sywurmplaas. Min mense weet daarvan en dit was 'n heerlike ervaring. En natuurlik was Lone Creek Valley in Sabie die hoogtepunt."
"Was besonder beïndruk met die algemene netheid van die dorp insluitend ooglopende moeite met ook privaat tuine. Reëlings vir Musiekfees was uitstaande, sal dit definitief weer bywoon en ook aanbeveel. Pryse van konsert-kaartjies en ook kos was baie billik in teenstelling met verblyfkoste."
"As die munisipaliteit net iets aan die paaie kan doen! Verder 'n lieflike plek, wonderlike restaurante en winkels."
"Die pad na Lydenburg vanaf Dullstroom is in verskriklike toetstand en moet nie in donker aangedurf word nie Groot vragmotors is 'n probleem op die nasionale pad. "
"Mooi dorpie met geen potensiaal. Toerisme-agentskappe word dan betaal om toeriste daarheen te neem."
"Ek voel dat toegangsbeheer by die ingang tot Marloth Park opgeskerp behoort te word, veral n.a.v. mediaberigte oor misdaad die afgelope tyd. "
"We've visited Dullstroom a couple of times and we're always sad to leave. It's the feeling of being part of a bigger family. It's wonderful. We are in love with Dullstroom and it's beautiful surroundings. "