Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Dullstroom bied baie lekker eetplekkies, maar die winkeltjies is nie meer soos 20 jaar terug nie. Die brouwery (laaste winkel aan die linkerkant van Pretoria se kant af) is lekker om die biere te proe, maar die pryse is hoog vir matige kos. Gaan koop kaas by die kaaswinkel (eerste kompleks aan die regterkant van Pretoria se kant af), forel by Millies (laaste winkel regs vanaf Pretoria) en tamatie- en vyekonfyt by Cat and Cow (Tonteldoos). Koop maar die res van jou kos by die huis. Daar is 'n oulike kunsvlieghengel-winkel met alles wat jy nodig het en baie vriendelike diens (êrens in die middel). Restaurante maak nie almal vroeg oop nie, Ou Transvaal is vroeg oop en bied goeie waarde vir geld en 'n kaggel, en oorkant die straat, langs die wafelplek, is hulle ook vanaf 7 uur oop met 'n heerlikke variasie van ontbyte en oulike goed om te koop ... en 'n kaggel!"
"We do travel a lot in that area and we experience the town and it's economy to fall behind."
"Safe and cute town, with great surroundings for nature lovers. There are several good restaurants into town."
"Rustige en still buurt, boomryke strate ... ideaal vir 'n laatmiddag stappie."
"Die mense in en om Wakkerstroom is baie vriendelik en hulpvaardig. Ons het almal baie geniet waarmee ons te doen gekry het. Die kaasmakery op die dorp se kase is ongelooflik lekker en uiters billik. Ondersteun die mense gerus. Die bakkery se pasteie is ook uit die boonste rakke. Indien jy al 4 wiele van jou voertuig kan saamtrek, ry gerus die ossewapad teen die koppie uit om die dorp van bo af te besigtig. Wees voorbereid op die plaaslike kinders wat met jou terugkeer gaan vra vir wat jy mag hê om te gee. Wakkerstroom hou ook 'n musiekfees in Maart en 'n kunsmark gedurende die langnaweek in Junie wat net nog kleur en geur aan 'n besoek aan die dorpie sal verleen."
"Hazyview en Sabie is gerieflik naby die restaurante en winkels, maar jy kan steeds die bosgevoel ervaar."
"Sal dit vir avontuurlustiges aanbeveel. Bitter warm in die somer, maar pragtig."
"Ek dink die veiligheid van Marloth het afgeneem as ek na die hoeveelheid bouers/werkers op die gronde kyk. Ook het ek gesien dat van hulle langs Olifantweg sit en drink. Die skiet van vuurwerke en klappers moet in die hele omliggende area van Marloth verbied word."
"As jy Wakkerstroom toe gaan moet jy weet hoekom jy gaan, anders gaan jy jouself daar verveel. Nie baie om te sien en te doen nie."
"Die mooiste dorp met vriendelike en behulpsame inwoners. Lekker kuierplekke en die ideale plek om te ontspan en uit te rus."
"Hazyview serves as a basis for all the tourist attractions because it is very central located."
"Ongelooflike mooi wëreld met al die foreldamme, mooi heuwels en die berge. Net die paaie is in 'n baie slegte toestand."
"Oor die algemeen baie aangenaam om daar vakansie te hou en die besienswaardighede is naby."
"Kaapsehoop het 'n ouwêreldse sjarme en bekoring wat 'n mens bybly lank nadat jy weg is. Dit het 'n unieke kalmte wat 'n mens omring. "
"Marloth Park is mooi, maar dit is nie die bestemming wat dit 'n paar jaar terug was nie. Daar word te veel gebou en Lionspruit gaan baie agteruit."
"Marloth Park is 'n gewilde vakansiebestemming, maar die stigma rondom groeiende kriminele aktiwiteite skep rede vir groot kommer. 'n Mens hoor al hoe meer mense wat oor dié rede ander bestemings verkies."
"Dit is 'n pragtige en asemrowende omgewing met mooi berge en baie bome. 'n Kloof vol verrassings en die moeite werd om deur te ry."
"Pragtige dorp en sentraal tussen al die besienswaardighede in die area geleë."