Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Die mense kan gerus aan die vulstasies wat eers 7 uur in die oggend oopmaak aandag gee . As 'n mens wildtuin toe wil gaan en nie die vulstasie voor 7 uur oop kry nie, is dit 'n teleurstelling, veral as jy nie geweet het nie. Verder is dit werklik die moeite werd."
"Alhoewel Lydenburg in die middel van die gesogte vakansieroetes geleë is, het die dorp nie veel om te bied nie, tensy 'n mens die omgewing ken of vooraf nagevors het nie. Diegene wat egter bekend is met die omgewing kan beslis tyd daar deurbring. Akkommodasie in Lydenburg is ook goedkoper as in bekender dorpe in die omgewing. Dus is dit baie gerieflike om daar oor te bly om dan die omgewing te verken. Pelgrimsrus, Sabie en Graskop is net om die draai en daar is genoeg winkels. "
"Ons het die lekkerste kos ooit geniet by Meraki, 'n klein oulike restaurantjie in die Bagdad-kompleks."
"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."
"Klein dorpie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Die Long Tom-pas was pragtig, maar senutergend in die mis. Daar is pragtige uitsigte op pad na Sabie."
"This place it so nice, full of nature. Since this was my first time, I'm looking forward to the second visit."
"Geen verskeidenheid van winkels om van te kies in die dorp nie en hulle stoot die prys geweldig op."
"Hectorspruit is naby aan die grenspos wat dit 'n uitstekende oornagplek vir reisigers maak."