Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."
"Great plek. Kinders voel veilig. Op 'n stap- of fietstog kon jy leeus, olifante, seekoeie en baie ander goed sien. Tuis het die sebras en koedoes en vlakvarke ons vermaak. Ongelukkig was die giraffes by 'n ander partytjie."
"Hou baie van Marloth Park, daar is reeds honderde toeriste wat die plek ken en gebruik. Dit is veral 'n goeie vertrekpunt na die Krugerwildtuin toe. "
"Hazyview se winke sentrum bied alles aan wat 'n stad aanbied. Dis net baie besig. Vir diegene wat Krugerwildtuin besoek en die omliggende gebiede is Kata Charis goed geleë. "
"Ek stel voor om miskien by die ingang na Marloth Park 'n tipe inligtingsbord op te sit, na wat daar is en al die omliggende besienswaardighede."
"Marloth Park is baie rustig en veilig. Die diere in die park is mak en eet uit mens se hand, dis aangename mense en die sekuriteit by die ingang is baie behulpsaam en vriendelik. Die restaurant het ook baie ekker etes."
"Dit was bietjie steurend dat baie van die winkels en restaurante toe is omdat dit nie naweek was nie. Ons het juis daar oorgebly om die toeriste winkeltjies te besoek en uit te eet. As Dullstroom net 'n bestemming vir naweke is, moet hulle dit so adverteer."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hezekiah Guest Farm"Dis nog 'n lekker plek waar mens baie kan sien. Die HALLS plaasmark was bietjie teleurstellend. Duur produkte en nie veel om te bied nie. "
"Dit is seker die mooiste deel van die asemrowende Laeveld. Die klimaat is fantasties. Ons is baie lief vir Hazyview."
"Baie droog daar maar het dit nogtans geniet. Sal enige tyd weer daar gaan uitspan."
"Despite the ever increasing amount of people around, it is a lovely, peaceful bushveld experience without travelling too far. "
"Did not spend enough time in Hazyview - unfortunately - always passed through it when it was dark so did not experience it in the best way but hope that next time I could - I do in general wish that they (the government) mark their side roads better as that was not clear between all the towns."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hippo WaterFront Lodge"Wonderlike atmosfeer en die weer was fantasties. Sal enige tyd weer gaan."
"Die ligging is goed om ander besienswaardighede te sien, maar dit bied nie self baie vir die toeris nie. Moet ry na die omliggende dorpe. "
"Baie nice plek.sal graag weer gaan, gaan net eers wag vir die reën seisoen. Dit is baie droog."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Crocodile Nest"Ons is oud-Laevelders en het meer as 30 jaar in Witrivier gewoon. Lieflike plek met heerlike weer."
"Marloth Park is 'n fantastiese vakansiebestemming. Die ongerepte natuurskoon was asemrowend. Kan dit enige tyd aanbeveel vir enige iemand."