Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 6783 reviews.
"Die pad was nie te erg nie, net die potholes is 'n pyn, plekke is ver van mekaar. 'n Naweek is te kort om by als uit te kom."
"Mooi groot dorp. Nie die dorp eintlik besoek nie. Was net vinnig in by 1 groot winkelsentrum. Baie skoon en behulpsame mense."
"Odd that restaurants were closed on Sunday evening. Finding place to eat was difficult."
"Marlothpark se ligging is baie goed en indien jy die wildtuin wil besoek, is Krokodilbrug 'n paar kilometer verder. Die diere in Marlothpark is ook mak genoeg sodat jy nie na enige van hulle moet soek nie."
"Ons geniet dit om Marloth toe te gaan, dit is naby genoeg aan die Wildtuin dat 'n mens 'n dagtrippie soontoe kan maak. Daar is egter ook genoeg om te doen, as mens nie na die Wildtuin gaan nie. Ons geniet die rustigheid en die diere wat tussen die huise rondbeweeg."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Naldorado Executive Villa"Ongelukkig maak die hoë tolgeldkoste (amper R500 heen weer van Centurion) dit 'n baie duur bestemming. Selfs die verblyfkoste was baie hoog. Sal eerder oorweeg om Parys in die Vrystaat te ondersteun."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hummingbird's Nest Guesthouse"Lieflike stad en baie om te sien in die omgewing."
"Die enigste ding wat ons werklik gepla het was die geraas van 'n kragopwekker tydens "loadshedding". Ek meen, ons is in die bos en elke aand moes ons vir 2 ure daarna luister, veral toe ons buite om die vuur gesit het en so graag die stilte sou wou "hoor", en dit was elke aand terwyl ons daar was."
"Paaie is 'n bietjie rof. Maar Verder het ons en die kleinkinders die diere geniet."
"A lovely little town with so much to see and do. An enjoyable weekend breakaway."
"Marlothpark is bietjie besig en daar is baie mense wat heeltyd beweeg. Sekere areas is stiller as ander, maar oor die algemeen is dit baie besig en nie 'n stil vakansie nie. Wat lekker was is daar is restaurante en 'n kafee waar mens kan goed koop wat jy dalk nie saamgebring het nie. Oor die algemeen het ek dit geniet."
"Lieflike plekkie maar Maandae tot Woensdae is meeste plekkies toe. Ons sal volgende keer liefs oor 'n naweek gaan kuier om werklik die hart van die dorp te beleef. Gelukkig het die voëls in die vleilande en ons blyplekkie alles die moeite werd gemaak!"
"Nice place, but need more entertainment places and the roads are not in good condition. There are too many potholes."
"Dullstroom is 'n lekker plekkie. Net te jammer dat baie plekke toe was, wat ons nie van geweet het nie want Google het dit nie so aangedui nie. Maar as jy wil gaan vir rustigheid dan is dit ideaal vir jou!"
"Pity about the general volume of traffic on the main road, as well as the amount of trucks."
"The roads are not in a good state. To travel on the roads one needs a motor vehicle that can manage very uneven areas and rocks. Marloth Park should get a grader in to level roads out."
"Oulike dorpie, maar daar is nie veel besienswaardighede nie en paaie lyk baie sleg - vol slaggate."