Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Die paaie is bietjie moeilik om te ry as jy nie 'n bakkie het nie. Maar dit het steeds uitgewerk."
"Lydenburg self is nie ’n toeristebestemming nie, maar mens kan wel ’n paar nabygeleë plekke besoek van daar af."
"Pragtig - so bly alles is weer oop vir toeriste en dat die dorp so goed ondersteun word!"
"Marlothpark is 'n fantastiese plek en 'n plek om weg te kom van die besige stad, 'n plek om te kom rus veral as jy die natuur geniet."
"'n Nice dorpe met alles wat jy nodig het maar nie juis vir 'n wegbreek nie. Daar was deur die twee aande lawaai van die plaaslike inwoners af wat jy seker maar mee moet saam leef as jy so na aan die dorp is. Met die natuur op jou voorstoep sal dit beter wees sonder die lawaai."
"Ons eerste besoek aan Marlothpark al wat kommerwekkend is, is die aantal plastiek bottels ens. wat die mense rondgooi. En dink ook die mense moet seker maak dat die plekke waar die vullissakke in gegooi word goed toe is sodat die apies en bobbejane dit nie kan oopmaak nie. Dalk net iemand kry om al die plastiek bottels op te tel of sit oral herwinnings blikke neer wat kan toemaak sodat die daarin gegooi kan word. Die diere kan dit inkry en dit is nie goed vir hulle nie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Sunshine Self Catering"Waarlik die moeite werd om weg te breek vir 'n naweek of vakansie. Winkelsentrum is sentraal en groot verskeidenheid restaurant en baie om te sien. Botaniese tuine is beautiful! 'n Moet om te sien."
"Dit is 'n oulike, geskiedkundige dorpie met baie interessante huisies. Dit is die moeite werd om dit te besoek as jy rustigheid verlang. Daar is lieflike, goed aangeduide staproetes in die omgewing."
"Baie lekker, maar ongeag Eskom se loadshedding is daar gereeld probleme met die kragvoorsiening."