Geverifieerde Resensie
Muckleneuk
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Muckleneuk bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 40 resensies.
"UNISA wat 'n gerespekteerde akademiese instituut is, is baie na aan die gastehuis geleë en waarskynlik heelwat gaste kan lok. Hiervoor moet die oornag fasiliteite wat beskikbaar gestel word juis so wees om gaste te ontvang en gemaklik te kan voel. Die area huisves ook verskeie hospitale waar families waarskynlik pasiënte moet besoek, daarom is die fasiliteite 'n vereiste om op standaard te wees. "
"Ons tyd is by Groenkloof Life Hospitaal spandeer, ons het nie werklik Muckleneuk verken nie."
"Ideale ligging vir albei UNISA-kampusse, maar nie regtig 'n toerisme-attraksie nie."
"Very clean, safe and quiet neighbourhood. We walked (5 minutes) from La Perigrina to the Zuid Afrikaans for hospital visits."
"Muckleneuk is baie naby aan die middestad van Pretoria en die spoorlyn. Was skrikkerig om in die aand rond te beweeg, maar die area is boomryk en netjies."
"Dit is baie toeganklik vir persone wat in daardie deel van die stad wil tuisgaan. Aangename verblyf."
"Beautiful area, I lived there once. I'll always stay in this area when coming to Pretoria for business. "
"Stil, rustige omgewing, ideaal vir besoeke aan die SABS, UNISA, hospitaal en universiteit. "
"Sal meer aanbeveel vir sake reise; baie naby aan die stasie, het dit gebruik om te oornag vir vroeë bus."
"Baie mooi, rustige en veilige omgewing met naby geleë Brooklyn Mall waar jy alles kan kry wat jy benodig en verskeidenheid restaurante wat goeie waarde vir geld bied. Vinnig en maklik bereikbaar vanaf OR Tambo-lughawe."
"Ek glo dat sodra die bouwerk wat tans aan die gang is daar afgehandel is, gaan hierdie gastehuis nog meer van krag wees."