Geverifieerde Resensie
Myoli Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Myoli Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 78 resensies.
"Was nie self op die strand nie, maar lyk baie skoon met goeie swemplek en lekker stapplek."
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Goeie toeristebestemming. Parkering bietjie knap andersins skoon en baie mooi instandgehou. "
"Definitief vir die rustiger vakansieganger wat van die natuur hou. Min vir toeriste en jongmense om te doen."
"Myoli Strand se sand is die sagste sand, die strand is meestal heerlik plat, so ek sou dink dis ideaal vir kleintjies om op te speel, tot nou toe is dit ook wonderlik veilig vir enige ouderdom om te stap, al is die strand leeg, voel 'n mens veilig daar. Die see self is 'n bietjie gevaarlik om in te swem, ek sou voorstel dat 'n mens vra advies van die plaaslike mense of en waar 'n mens kan swem, maar om deur die vlak golwe te stap is heerlik."
"As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou."
"Sal enige vakansieganger aanbeveel om Myoli Strand te besoek. Sal die dorp weer besoek."
"Myoli-strand het 'n atmosfeer van ongereptheid en sal byval vind by veral natuurliefhebbers. "
"Rustig en aangenaam. Kan lekker ontspan sonder om oorweldig te word met skare mense en groot groepe toeriste."