Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"Die dorpie is klein en rustig met min mense - ons hou van natuur en die stilte en dit pas ons dus perfek. Daar is 'n winkel met die nodige beskikbaar op die dorpie. As jy 'n rustige, mooi omgewing soek, is Kamieskroon die plek vir jou!"
"Acts as a halfway destination to the Richtersveld, West Coast village like Port Nolloth, and a definite stop-over for those travelling to Namibia."
"Namakwaland was ons eerste besoek, wat 'n heerlike ondervinding, vriendelike mense en goeie akkommodasies orals beskikbaar."
"Ons het so laat daar aangekom en vroeg weer gery, dat ons nie eintlik veel weet van die plek nie. Dit was egter 'n goeie oorslaapplek aangesien ons laat eers uit Stellenbosch gery het."
"Kamieskroon is natuurskoon, die omgewing asemrowend mooi en rustig, die mense behulpsaam maar 'n mens sukkel met beskikbaarheid van etes of 'n restaurant as toeris."
"Could do with more family friendly restaurants and would be nice if they were also open on Sunday evenings, especially since most of the accommodation is self catering."
"Springbok is die ideale halpad-stop op pad Namibie toe. Probeer gerus Taurens Steak House vir die beste steaks ooit!"
"'n Lekker klein dorpie met n rustige, ontspannende atmosfeer. Gaan stap op die strand, dis die moeite werd!"
"Namakwaland is 'n baie mooi deel van ons land, dit het sy eie bekoring in blomtyd en met die berge."
"Dit was my eerste besoek aan die Namakwaland-streek. Dit is pragtig en alhoewel nie baie toeristies nie is dit presies hoekom 'n mens dit kies. Die vriendelikheid van die mense, die natuur skoonheid. Salig. Sal graag wil gaan wanneer die daisies in blom is. "
"Ons het die Nasionale Park besoek en spesifiek die 4x4-roete al langs die kus gaan ry tot by Spoegrivier se mond, dit is beslis die moeite werd. Pragtige seetonele. Die sand is nogal 'n uitdaging, want dit is baie los. Sal meer kommentaar kan lewer oor Namakwaland wanneer ons die gebied gedurende ons beplande blommetoer in Augustus besoek."
"Springbok is 'n uitsonderlike en unieke bestemming, veral as die blomme mooi lyk mag jy dit nie mis nie. Dis 'n bucket list-bestemming."
"Die plekkie so tussen êrens en nêrens, die mense is so vriendelik en het ons omtrent ooreet. Baie lekker kuierplek. "
"'n Pragtige dorp tussen die koppies. Dis die moeite werd om te besoek binne sowel as buite die blommeseison. En as jy honger is, gaan vir die Tauren-restaurant. Dis is karaktervolle restaurant met 'n uitstekende spyskaart en billike pryse, en die kelners is die beste wat ek nog beleef het."
"As jy hou van 'n baie "relaxed" omgewing en mense, gaan gerus. Uitsig oor die baai is verrassend mooi in kontras met die landskap waardeur mens ry om daar te kom. "
"Ons het vreeslik lekker geëet het by Tauren Steak Ranch! Die diens was wonderlik, die waiter vreeslik vriendelik en snaaks en die kos was baie lekker."