Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"Dat geskiedenis bewaar word re Springbok se oorsprong. Duidelike rigtingborde wat die plekke aanwys."
"Kamieskroon as dorp bied nie veel nie . Dit is egter die omgewing wat 'n besoek die moeite werd maak."
"Namakwaland in blommetyd is iets om te belewe. Ek het nie een onvriendelike diensleweraar raakgeloop nie."
"On Port Nolloth beach there was a lot of broken glass and litter which was quite disappointing. I believe in December it is a blue flag beach but definitely not in August. "
"Ons het Springbok besoek as deel van ons blommetoer - moeilik om dit as 'n bestemming te sien die res van die jaar."
"Ek sou graag by Mc Dougallsbaai se kampterrein oornag het. Dit was my eerste keuse, maar julle het my in kennis gestel dat al die huisies by Mc Dougallsbaai-kampterrein vol was. Dit was nie die geval nie. As toeristebestemming is dit 'n aangename plek."
"Ons was ongelukkig te vroeg vir die blomme in daardie streek, maar glo dat die blomme daar ook net so mooi sal word soos dit tans in Postberg en op Matjiesfontein (Nieuwoudtville-distrik) is."
"Soos altyd pragtig dié tyd van die jaar, maar wat sy mense aanbetref, altyd vriendelik en behulpsaam."
"Ons het vreeslik lekker geëet by die gholfklub en met die plaaslike mense daar gekuier oor rugby onder andere!"
"Eerste nag oorgebly in Keimoes (uitstekend) en verder vanaf Skilpad (1 nag) tot in Elandsbaai (2 nagte). 3 Nagte in Velddrift en op pad terug in Kenhardt oorgebly. Ons hou van Namakwaland en dit was ons 3de besoek. "
"Ons het netjiese, bekostigbare akkommodasie gekry by Van Rhynsdorp selfsorgakkomodasie en dit is aan te beveel vir enige toeris!"