Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Oribi Cottage"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
The Promised Land"Dit was 'n besige langnaweek en ons het baie lank tougestaan by die wildtuin se hekke. Wenk nr.1 vir voornemende besoekers oor langnaweke en skoolvakansies is om vooraf besprekings te maak vir dagbesoeke aan wildtuin. Dit kan op SANparke se webruimte gedoen word."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Lekker naby Krugerpark."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Marloth Getaway"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
House Shani"Marloth Park is 'n stukkie hemel op aarde. Ons gaan elke wintervakansie soontoe en het nog nooit oorweeg om na 'n ander plek te gaan nie. Alhoewel jy die bos-gevoel ervaar, is daar geen tekort aan luukses nie. Die huise is redelik ver van mekaar en die enigste naggeluide hoorbaar, is dié van die diere. Marloth Park se uitkykpunte is fantasties en 'n ware lusmaker vir die Krugerwildtuin. Ons het teen die grensdraad gaan stap en bokke, olifante en selfs leeus gesien. Daar is voldoende geriewe in Marloth Park wat supermarkte en restaurante betref, en daar is 'n karwas, putt-putt, ens. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Maroela Chalets"Dit was my eerste besoek aan Marloth Park en dit was absoluut 'n wonderlike ervaring. Dis 'n ervanring om van Hek 2 al langs die rivier te ry en al die wild te sien. Ons het op een dag olifante, buffels en seekoeie gesien. Verseker 'n onvergeetlike ervaring en ons gaan beslis weer kom."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Foxy Crocodile Bush Lodge and Kruger Safari's"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
2694 Swartwitpens"Veiligheid van inwoners moet na gekyk word."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Vuurvliegie en Sonbesie"Dit is ons huis weg van die huis af."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Die mooiste plek waar ons nog gebly het in Marloth Park met pragtige groen grasperke."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Pondokkie"Marloth Park is 'n droom vir mense wat lief is vir die bos. Die kriminele element maak dat ons in die toekoms goed sal kies oor waar ons tuisgaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Maroela Chalets"Ons was nie mal oor Marloth Park se "game reserve" Lionspruit nie. Die plekkie is toegegroei, die bome het ons bakke verskriklik gekrap, let ook net op dat jy eers by die munisipaliteit moet betaal om in Lionsspruit te kom, hulle vat nie geld by die hek nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Pondokkie"Die paaie in Marloth Park is baie sleg, behalwe Olifantstraat wat 'n teerstraat is. Ons het 'n karavaan gesleep en van die grondpaaie is werklik baie sleg. Die personeel by die toeristebestemming was baie behulpsaam."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Buffalo Chalets Marloth Park"Marloth is 'n moet vir enige natuurmens. Die winkels het my erg verbaas en die winkel by Marlothi sentrum se slaghuis het heerlike vleis gehad vir ons braai. Die langnaweek was net te kort, sal volgende keer langer gaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kudu Lodge"Almal was baie vriendelik en hulpvaardig, en die besighede maak dit baie gerieflik. Daar is net 'n geweldige hoeveelheid mense of werkers wat oral in die straat rondsit of staan, wat 'n mens onveilig laat voel."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Giraffe Plains Self-catering House"A lovely, well maintained Park."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Squirrels Leap"As jy hou van bosbraai en stilte dan is dit die plek om te wees."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Luislang Huis"Ons geniet dit baie om soontoe te gaan. Die rustigheid is net fantasties. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Bateleur Bush Lodge"Goeie bestemming, sentraal naby Wildtuin."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Crocodiles Walk"Marloth Park is ons oase waar ons weer kan batterye laai. Ons is nog nie een dag spyt dat ons dit ons "basiskamp" gemaak het nie. Dit is naby genoeg om die Wildtuin dikwels te besoek, maar daar is net soveel te sien in Marloth Park self. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Ruslekka"Marloth is 'n lekker plek om te bly met maklike toegang tot die Kruger Wildtuin. Die restaurante in die omgewing kan ook aanbeveel word."