Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Phumangeni Marloth Park"Martlothpark self is nie baie netjies nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
HomeBase Kruger"If you want a getaway to a place where it's just nature and wild animals - that's a great place to go. It is very clean too!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Bushbabies Nest"As 'n wegbreek van die stadslewe is Marlothpark 'n versteekte juweel, maar wanneer jy lus is om uit die bos te stap, bied Marlothpark 'n verskeidenheid van gerief. As jy 'n fantastiese restaurant soek, kan ek Bos Restaurant sterk aanbeveel. Lekker kos, puik diens en fantastiese eienaars."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Zazu Cottage"Marloth is een van ons gunstelingbestemmings!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Walking Tall Private Bush Retreat"Marlothpark is 'n wonderlike plek om te besoek, maar mens moet by die reëls hou sodat dit vir almal wat kom kuier sowel as die diere 'n goeie ervaring kan wees. Die spoedgrens is daar vir 'n rede en so ook die versoek dat mense nie moet raas of mors nie. Ek kom weer en weer en weer terug na Marloth want dit is my hartsplek."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Butterfly House"Kan nie wag om ons volgende vakansie in Marlothpark te bespreek nie. Geniet die diere wat so vrylik om die huise beweeg."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Aloe's Rest Camp"Uitstekende oord met alles binne-in park wat jy benodig. Sal beslis weer besoek."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Erdvark 3950"Ons het nou nie die plek verken nie, was net daar vir oornag by gastehuis."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Oasis Blue"Marlothpark se sekuriteit is nie baie goed nie. Ons vriende is deurgelaat sonder om hul bespreking te wys of 'n permit te ontvang (hulle was nie bewus dat hulle een moes kry nie). Die volgende dag het hulle gevra vir 'n permit, maar was meegedeel dat daar nie genoeg permitkaarte beskikbaar is nie (dit was oor 'n langnaweek, dus was daar baie besoekers gedurende die tyd)."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Sparrow 615"Baie besig gewees oor die langnaweek (soos altyd). Paaie is in 'n swak toestand en benodig dringend aandag. Ons het vir 13 jaar 'n huis daar gehad en paaie was gereeld geskraap."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kruger Simplicity Apartments"Lekker vakansieplekkie in die bos. Begin egter baie kommersieel raak. Die enorme lodges en drie verdiepings 'n bekomernis vir die toekoms. Lekker gebly naby die Kruger."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Dew-Droppe-Inne"Nog altyd lekker gekuier by Marloth en die mense is baie vriendelik. Dit is 'n moet as jy van die natuurlewe hou."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Die grensdraad tussen Marlothpark en die Krugerkildtuin is kommerwekkend en in 'n baie swak toestand. Nie seker of dit die parkeraad se verantwoordelikheid is nie, maar kan verstaan dat daar leeus en ander diere maklik kan oorloop na Marlothpark."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Royale Marlothi Safari Lodge"Marlothpark is defnitief die moeite werd as 'n vakansiebestemming. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Okwamanje"Lekker bosveldpark. Kan gerus gaan stap en fietsry (ten spyte van die wilde diere). "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Shebeth Self-catering"Ongekontroleerde werkers blyk problematies te wees. Stil eenhede (lock-up and go) kan maklik beset word in eienaar se afwesigheid en sonder eienaar se medewete."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kruger Kurper Villas"Lovely and relaxing holiday destination next to the Kruger National Park."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hooves and Paws Safari Bush Camp"Marloth Park feels neglected and very bushy. The roads are extremely bumpy and the park is not taken care of."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lionsview Private Lodge - 4 Lions, 4 Sleeper"Daar is geen plek soos Marloth. Beste plek in die bos en natuur."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Marlothi Safari Park"Geweldig baie verkeer op die hoofstraat (Olifant), daar is elke dag baie mense wat langs die pad rondslenter en by die "besigheidskomplekse" se ingange rondsit."