Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Klein Huisie"Ons vierde jaar wat ons Marlothpark besoek en dit is vir ons 'n plek baie na aan die hart. Rustigheid is nêrens anders te vinde, hier vind jou siel rus! Hierdie jaar het ons dit buite seisoen gedoen en dit maak dit nog beter, verkeer en mense is net minder en mens geniet soveel meer die uitkykpunte langs die Krokodilrivier dan!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lions View"Lekker ondervinding. Diere het baie verminder."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Meerkatgat 3341 Seekoei Road"As jy werklik wil rus, met die natuur net by jou voordeur, is Marloth die plek vir jou!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Maphupho Yemali"Pragtige, rustige omgewing. Baie goeie waarde vir geld. Genoeg diere besoekers en naggeluide uitstekend! "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Bokkie Huisie"Die beste wildervaring. Die grondpaaie net bietjie rof."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Spoorsnyertjie"Some roads are in a very bad condition, not every visitor to Marloth Park has a vehicle capable of handling those conditions. It would be a good idea to bring it to the potential visitors attention before they commit themselves to booking accommodation."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Dit was ons eerste keer daar en as ons weer in die area kom sal ons vir seker weer daar bly, ons het dit as baie veilig ervaar en dis by die wildtuin so jy kry regtig 'n gevoel van die wild. Ons het ook olifante gesien toe ons langs die rivier by 'n restaurant geëet het, wat nogal spesiaal was."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Volstruis Huis"Olifantlaan is te besig vir 'n vakansiebestemming, vernaam tussen 17h00 en 18h30, maar ander paaie is rustig en stil. Die diere is ongelooflik vriendelik, kom verwelkom ons op elke plek. En die bobbejane en ape is nog nie lastig en stout nie. Hout dit so. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Peace of Marloth"Baie rustige plek, goeie alternatief om vakansie te gaan hou as die wildtuin te besig is. Ek sal weer Marloth Park toe gaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Daar's wel booms by elke ingang, maar beteken niks."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kierieklapper River House"Wonderlik, behalwe die vreeslike duur/gemiddelde kos by Watergat restaurant. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Pondokkie"Rustig in die natuur, na aan jou Skepper. Sielsrus op sy beste! "
Mjejane Game Reserve, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Manzini River House"As julle julle hoofpad bietjie opknap sal dit 'n pragtige plek wees om te gaan vakansie hou. Die pad is baie besig dus is die pad uitgery, lelik en stowwerig."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Tarentaal Cottage"We loved seeing the animals! Loads of potholes though and we did scrape the car a lot because of the roads but otherwise it was fantastic."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Eden @ Marloth"Marloth Park bly my gunsteling oornagplek as ons Mosambiek toe gaan of net 'n vinnige wildtuinwegbreek wil geniet. Blyplekke is billik geprys en nie ver van Mallelaan of Krokkedilbrug Hek af nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Huis 7 @ Kruger Wild Dog Inn"Ons het al verskeie kere in Marlothpark gebly en dit was elke keer heerlik en ons het nooit onveilig gevoel nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Ximun Bush Lodge"Dit is vir ons baie lekker om te kuier in Marlothpark, en gaan ons graag daarna toe. Heerlik om net lekker te gaan rus en die pragtige natuur te kan geniet daar!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"As jy wil rustig wees en ontspan is Marlothpark definitief die plek."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Uiters uniek en altyd lekker in die bos."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Meerkatgat 3341 Seekoei Road"A little piece of heaven on earth - love die bos."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Bok"Paaie is in baie swak toestand en vullis lê die wêreld vol."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Sparrow 615"Marloth Park always delivers if you love the bush."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Elephant-House"Baie lekker plek en ek gaan meeste daar. Alles baie rustiger as ander en prys is nie baie sleg nie."
Mjejane Game Reserve, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Crocodile Bend"Baie behulpsaam en professioneel!"