Geverifieerde Resensie
Kruger National Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 148 resensies.
"Unforgettable experience (with our own car). If you love to see wild animals in their own habitat, this is an absolute must."
"Ek was laas as kind by die Nasionale Krugerwildtuin en dit was besonders gewees om ons Laeveld en wild so onversteurd te sien. Ons kinders het dit vreeslik geniet en ons was beïndruk deur die piekniekfasiliteite wat gasskottelbraais verhuur het. Wat 'n briljante plan! Ons sal beslis weer die moeite doen om 'n besoek af te lê en selfs nog langer bly om die diere te besigtig."
"Dankie vir so n paradys. Die gejaag en stres rol sommer van jou skouers af as jy deur die hek ry."
Skukuza, Nasionale Krugerwildtuin
SANParks Skukuza Rest Camp"The camp just needs small maintenance issues to be attended to. "
"Jy kan verlore raak in n ander wêreld, veral by van die piekniek plekke, word baie netjies in stand gehou en n moet om te besoek."
"Krugerwildtuin is 'n paradys. die Sabie Skukuza-pad het weereens nie teleurgestel. My ervaring is tops."
"Die algemene onderhoud is besig om agter uit te gaan. Die kampe word stelselmatig minder en minder netjies. Daar word net op die oppervlak onderhou."
"Die wildtuin is pragtig groen en ons het die Groot Vyf in eendag gesien."
"Die hele week wat ons daar was, in verskillende kampe, was baie lekker. Elke dag was 'n nuwe avontuur met nuwe goed om te sien en plekke om te besoek."
"Berg en dal kamp was puik. Die personeel baie vriendelik. Mooi netjiese kamp. Water in Pretoriuskop was vuil kon nie bad nie."
Skukuza, Nasionale Krugerwildtuin
SANParks Skukuza Rest Camp"Pragtig noudat daar heerlik geseën is met reën."
"We love the Kruger, but the bathrooms in the camping area of Berg and Dal were not clean. The grass were long - I don’t think anybody attended to it for the past 3 months."
"Great! Die Wildtuin is 'n great plek om kop skoon te maak en die asemrowende natuur en diere te gaan sien!"