Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8180 reviews.
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Polka's Place No 78"As 'n rustige vakansie sonder enige tipe bedrywigheid jou plan vir vakansie is, is dit vir jou. Weg van alledaagse gejaag, geraas en verkeer."
"Die dorpie is baie verwaarloos, maar ongelukkig soos met die res van ons land. Die mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en behulpsaam en nie een keer was ons enigsins bekommerd oor ons veiligheid nie."
"Die dorp het ongelukkig n bietjie agteruit gegaan. Doen moeite om by die vriendelike vrou by die visfabriek vars snoek te koop. Beste snoek nog ooit. Ek sal weer Port Nolloth besoek."
"Die watervalle is prentjiemooi. 'n Roete vanaf die Weskus na Limpopo wat ons kan aanbeveel."
"Daar was nie veel in Britstown nie, maar dit wat ons gesien het was aangenaam. Die mense daar is almal baie vriendelik. Ons het by Tanskaroo Country Lodge gaan eet die aand. Die heerlikste buffet was ons in 'n lang tyd gehad het - 'n moet stop as jy in Britstown is. Die diens daar was uit die boonste rakke."
"Pragtige en rustige Karoo dorpie, ideaal vir mense wat wat van stilte en rustigheid hou."
"We used Colesberg as a stopover so did not have a chance to explore the town more."
"Definitief nie baie geskik vir oorslaap op 'n Sondagnag nie. Die dorp gaan letterlik dood en eetplekke is deur die bank toe. Die enigste eetplek wat ons kon vind was baie teleurstellend - al die wyn op die spyskaart was uitverkoop en so ook karoo tjops!"