Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Ongelukkig was daar nie tyd en geleentheid om die dorp te bestudeer nie, maar dit verdien groot aandag om as toeristeoord ontwikkel te word!"

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Oornag pitstop. Ideaal geleë."

Williston, Noord-Kaap

Zakrivier Guest Farm

"Die Williston Mall was iets unieks om te sien en beleef! Nie vir veel meer as dit tyd gehad nie."

Hanover, Noord-Kaap

Bun Clody Guesthouse

"Interessante dorpie."

Marchand, Noord-Kaap

The Quiver Tree Guesthouse

"Pragtige plek om oor te bly."

Springbok, Noord-Kaap

Jakkalswater Gasteplaas

"Wonderlike omgewing. Die Noord-Kaap is 'n moet vir almal wat dit nog nie besoek het nie!"

Kuruman, Noord-Kaap

Safari Travelodge

"Kuruman het baie potensiaal. Ongelukkig beeld die dorp self nie goeie indruk weens die toestand waarin dit is."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

The Hudson Guesthouse & Suites

"Merino Restaurant is 'n MOET vir aandete! Fantastiese kos en waarde vir jou geld, asook fantastiese vriendelike diens!"

Springbok, Noord-Kaap

Springbok Caravan Park

"Omgewing pragtig ... veral in blommetyd."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Chanmari Accommodation

"Omdat ek natuurparke en staproetes verkies, sal ek nie Victoria-Wes op my lys van bestemmings sit nie."

Springbok, Noord-Kaap

Okiep Country Hotel

"Nie veel kans gehad om daar rond te ry nie omdat ek die hele oggend in die Goegap Natuurreservaat, 4 km buite die dorp, deurgebring het! Dit was BAIE DIE TYD WERD Interessante plantegroei (ook buite die blomseisoen), ruwe klipkoppies, gemsbokke, springbokke, sebras en voëls. Die twee wandelroetes se aanwysers in die veld moet beslis opgradeer word, maar net die stap in die veld was al pragtig. Op Springbok inkopies gedoen vir vars vrugte, eiers en kaas by die plaaslike Spar, 'n uitstekende winkel. Pella, oos van Springbok, is ook 'n lang besoek werd."

Kathu, Noord-Kaap

Tijdloos Guesthouse

"Besonders vir die feit dat dit in die Kalahari is."

Calvinia, Noord-Kaap

The Calvinian Country Lodge

"Ek dink in blommetyd sal dit 'n juweel wees."

Richmond, Noord-Kaap

Ka Ma Lodge

"Wat 'n pragtige dorpie. Net vinnig daar deurgery. Sal beslis volgende keer langer bly en die dorpie verken."

Colesberg, Noord-Kaap

Meerkat Manor

"Onontdekte juweel. Sal graag meer tyd wil hê om plek te verken."

Colesberg, Noord-Kaap

Ebenezer Guest House

"Behalwe vir die ongelooflike restaurant, Plattelander, was daar nie veel om te sien nie!"

Colesberg, Noord-Kaap

Colesview Guest House

"Baie klein dorpie, net reg om oor te slaap en dan weer die lang pad aan te durf."

Calvinia, Noord-Kaap

Hantami Guest House

"Interessante dorpie en baie mooi."

Herlear, Noord-Kaap

The Solomon

"Wonderlike bestemming, net vreeslik koud in die winter."

Britstown, Noord-Kaap

Smartt Guesthouse

"Ek dink nie rêrig Britstown is 'n toeristebestemming nie - 'n oornagplek, ja."

Cassandra, Noord-Kaap

Sleepers Inn

"Die dele van Kimberley wat ek gesien het, is baie verwaarloos en onversorg."

Colesberg, Noord-Kaap

Nanna Rous' Town House

"Veilig, skoon en vriendelik - nie veel om te doen in die dorp self nie. Die aanbevole restaurant was werklik 'n vreugde. Weereens goeie diens, vriendelike personeel en uitstekende kos!"

Colesberg, Noord-Kaap

Toverberg Guest Houses

"As enige iemand daar verbygaan en nie by die Plattelander gaan eet het nie, dan het hulle sowaar uitgemis."

Britstown, Noord-Kaap

Kambro Accommodation & Farm Stall

"Ek was verras oor die mooi hotel daar. Dis oor die 100 jaar oud en het 'n pragtige binneplein met restaurantgeriewe. 'n Delikatessewinkel is ook deel van die hotel."

Noord-Kaap

Kleinplasie Gastehuis

"'n Natuurskoonheid soos net die Noord-Kaap kan bied! Ons geniet dit om deur die Noordkaap te ry!"

Colesberg, Noord-Kaap

Nanna Rous' Town House

"There really isn't much to do in Colesberg, a visit to the Horse and Mill is an experience and local babotie is a must!"

Blad
Blad 315 - Wys 9421 tot 9450

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang