Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Dorp is pragtig geleë tussen die koppies. Sal graag eenkeer tydens die blomseisoen 'n bietjie langer wil oorbly."
"I rate Kamieskroon very highly both for wild flower viewing and for the surrounding countryside. The Namaqualand nature reserve is a joy to see in springtime and the town is welcoming and in a very convenient place. The drives around Kamieskroon are exciting and stunning. "
"Soos by baie van ons ander plattelandse dorpe, is die algemene indruk een van agteruitgang. Prieska het 'n besonder mooi kerk in die middel van die dorp en verdien om beter onderhou te word! Van die toeriste-aantreklikhede is nie duidelik gemerk nie."
"Is eintlik net 'n toeriste-bestemming gedurende die blommeseisoen."
"There is not much to choose from in Carnarvon but a new restaurant has recently opened up - it has a pleasant ambience, as well as reasonable meal prices and seating facilities."
"You absolutely have to visit the museum and chat to the curator of it while you're in Port Nolloth."
"Its the first time I've driven through the town of Colesberg, and was pleasantly surprised. What a delightful little town."
"Ons het sommer tuis gevoel in Springbok, die mense is so vriendelik!. Ons sal hierdie vriendelikheid nie vergeet nie, Springbok is tops as Toeriste-bestemming."
"Ons dink maar aan Keimoes en Upington as een. Dit is 'n pragtige omgewing en daar is regtig baie om te sien en te ondervind in die omtes van die Garieprivier. Hoewel dit kokend warm is in die somer, was dit nog altyd lekker om daar te kom."
"Suid-Afrika kan trots wees om Springbok as Namakwaland se eerste bestemming van die Noorde af te verteenwoordig. Die buitelanders kan hier sien hoe vriendelik en gasvry Suid-Afrikaners is."
"Springbok is netjies, het alle nodige winkels en banke. Die omgewing is baie mooi."
"The general area is very picturesque and Augrabies falls is well managed and a pleasure to visit."
"Kamieskroon was een van die skoonste dorpe waar ons al was. Die karavaankamp is ook netjies. As die blomme verby is, sal die dorp dalk net 'n goeie keuse wees om te oornag."
"Keimoes is nou nie juis die toeriste-mekka van SA nie, maar indien mens van die dorre landskap, die vriendelike mense en die verre opelug hou, dan is dit wel 'n goeie plek. Ek kom al jare lank soontoe, en hou nog altyd van die plekkie."
"Baie interessante geboue! Ons was al voorheen daar. Dis 'n goeie toeriste-bestemming."