Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3232 resensies.
"Mooi strand maar vir swem in die branders eerder Ballito hoofstrand wat ook naby is."
"Vir my as rolstoelgebruiker is die sypadjies nie baie rolstoelvriendelik nie, dit is soms te smal en het hoë kante af, dit is moelik om by die houtpaadjies te kom vanaf die woonstel tot daar. Die strand met sy houtpaadjies is baie lekker om te gebruik en baie rolstoelvriendelik."
"Zimbali is 'n baie veilige landgoed waar 'n mens lang ente kan gaan stap in die pragtige natuur en kinders elke dag op 'n ander plek kan gaan swem. Vir die golfspelers is dit natuurlik 'n paradys."
"Zinkwazi is 'n rustige dorpie met asemrowende strande. Dit is 'n stil dorpie en nie die plek om te gaan as mens "entertainment" soek nie, maar beslis vir mense wat wil wegbreek en die pragtige natuurskoon geniet in 'n stil en rustige omgewing. Proud's Pizza op die strandfront het beslis die lekkerste pizza in SA."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Gerda's Place"Water is 'n probleem veral by Cape Vidal wat baie mense trek en skoonheid binne veral badkamers waarvoor betaal 'n mens dan ingaan-geld. Die res baie lekker."
"'n Wonderlike kulturele ervaring om meer te leer van die Zulu-kultuur. Fort Nonqwai was 'n hoogtepunt met 'n pragtige kunsmuseum asook die Dlinza-woud se Aerial Boardwalk."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
20 Villa Mia"Baie goeie bestemming en verblyf - hulle moet net vir mense waarsku oor die waterbeperkings/kwalitiet. Baie hartseer om die toestand van die St Lucia Estuary konstruksie te sien teen die strand. Maar dit bly 'n lekker vakansiebestemming."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Little Eden St Lucia"There are lots of things to do in St Lucia. A great learning experience as well."
"Ons het jare gelede as gesin dit gereeld besoek en dit was 'n ervaring om dit weer te besoek, die keer met my seun wat toe 'n kind was en nou 'n pa en sy seun kan die strand ook nou geniet."
"Sal verseker weer Ballito besoek. Baie skoon dorp met silwerskoon strand en see baie skoon."
"Strand is redelik gevaarlik a.g.v. strand wat uitgekalwe was deur vroeër storms. My dogter was omgeslaan en ingetrek! Area is lekker stil en mense was vriendelik. "
"Goeie padaanwysings by ons gasvrou gekry en met haar en GPS se hulp - heerlik gekuier, was net te kort om alles te gaan ondersoek. Ons hou veral van die vriendelikheid van die mense en hul laat voel jou tuis asof jy maar net daar hoort."
"Sodwanabaai is beeldskoon, en stil in die maand van Mei, dit was net ons en die see. Nie so besig soos al die ander strande nie, en dit was netjies, die plantegroei het ons asems weggeslaan. Sal enige tyd weer gaan."
"Looks like a quaint little town. Had a very good pizza at The Clay Pot! Service was good and waiters were friendly and helpful. Lovely environment. Beautiful nature. "
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
The Bridge 8"Go on a night drive with bright torches to shine into the trees but be aware that hippos roam the streets at night too."