Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3234 resensies.
"Sal graag van meer akkommodasie geleenthede in die omgewing wil weet. Veral selfsorg."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Budget Tented Village @ Urban Glamping"Die luiperde kan jy sien in die straat op pad huis toe en seekoeie. Die seekoeie is soos straatwagte en daarom is baie plekke na 19:00 toe. Beste straat wagte ooit."
"As jy lief is vir mooi natuur en hou van stap is dit n lekker bestemming. Die dorpie is skoon en rustig."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Manzini Chalets"Gevaarlike spoedhobbels op pad daarnatoe. Almal is nie geverf soos vereis word deur die wet nie."
"Ek was mal oor die mooi strand en see, dis mooi skoon en jy kan orals swem en selfs op die strand ry en parkeer. Daar is ook 'n klein restaurant op die strand."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Oppi Rotse"'n Netjies dorpie en omgewing met baie potensiaal wat onderbenut word deur plaaslike owerheid. Die oorbeklemtoning van "geen alkohol" is frustrerend want die strande is steeds vol bottels en gemors en werkers lewer oneffektiewe diens. Beskikbaarheid van info oor wat waar gedoen kan word is gebrekkig en teenstrydig, en veral watse lisensies en permitte word benodig en waarvoor. As 'n permit benodig word, dan moet dit beskikbaar wees by die kantoor op die grond en nie 30 km verder nie, bv. hengellisensies word nie uitgereik by Cape Vidal nie maar by poskantoor op St Lucia nie!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Villa Mia 11 St Lucia"It would be better if there was Wi-Fi and DSTV."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Villa Mia 7"St Lucia-meer sal nooit weer herstel nie. Waar gaan die geld heen?"
"Sjoe die nuwe malls het nou alles. Ons hoef nie eers meer Gateway toe te ry om te gaan fliek nie."
"Baie moderne winkels. As die weer nie reg is vir die strand nie, is daar ander dinge om te doen. Lekker eetplekke."
"Ideaal vir stap langs die see. Veilige wandelpad met toegang direk van die vakansieverblyf."
"Baie bekommerd oor the "nurdles" wat orals op die strand lê. Ek weet nie hoe julle die strand ooit mooi gaan kry nie. Dit sal my miskien laat kies om Kaap toe to gaan."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Villa Mia 11 St Lucia"St Lucia self bly die beste, het al klaar vir volgende jaar bespreek."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Manzini Chalets"Nie 'n tipiese seevakansie nie, maar die omliggende natuurparke is uitstekend."