Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Elephant Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elephant Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1204 resensies.

St. Lucia, Olifantkus

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Baie lekker bestemming. Rustig, maar tog baie om te doen."

St. Lucia, Olifantkus

St Lucia Ocean View Lodge

"Pragtige dorp en pragtige strande. Beslis die moeite werd om te sien en te beleef."

Sodwanabaai, Olifantkus

Camp Jonathan

"Sodwana is maar 'n klein dorpie wat duikers, vissermanne en natuurmense trek. Daar is nie groot winkels soos in ander dorpe nie, maak maar seker jy bring vars vleis, daar is nie maklik bekombare vars vleis in die area nie. Baie lekker vir ontspanning met 'n paar lekker eetplekke en kuierplekke ook."

Sodwanabaai, Olifantkus

Phumulani Lodge

"Sodwana is wêreldbekend vir duik, maar hulle het ook baie goeie restaurante en 'n verskeidenheid van diepsee-visvang-charters."

St. Lucia, Olifantkus

Shonalanga Lodge

"Beautiful, but needs attention."

St. Lucia, Olifantkus

Luwandla 16

"Daar is altyd stilte en rustigheid buite seisoen. Sal graag weer daarheen gaan."

St. Lucia, Olifantkus

9 The Bridge

"Baie lekker vakansiedorp."

St. Lucia, Olifantkus

Budget Tented Village @ Urban Glamping

"St Lucia is pragtig. Definitief die moeite werd om na die Wetlands Nature Reserve te gaan - so baie diere gesien, olifante en swartrenosters definitief die hoogtepunt van die dag. Cape Vidal is die beste swemstrand met skoon warm water. "

St. Lucia, Olifantkus

11 Manzini Chalets - Timone's Retreat

"Met alles wat nou weer oop is, sal toerisme beslis weer op tel. Die water by St. Lucia strand was baie vuil, maar Cape Vidal reg langsaan, was pragtig skoon."

Sodwanabaai, Olifantkus

Phumulani Lodge

"Lieflike swemstrand."

St. Lucia, Olifantkus

9 The Bridge

"Lieflik om te rus en om seekos te eet."

St. Lucia, Olifantkus

Ndiza Lodge and Cabanas

"Ons gaan al jare St. Lucia toe ─ dis 'n lekker visvangdorpie."

St. Lucia, Olifantkus

Gerda's Place

"It was magical. One of my favorite places to visit. I felt so in tuned with nature it was awesome. I wish I could visit every weekend. People visiting KwaZulu-Natal should 100% see St Lucia."

St. Lucia, Olifantkus

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"Ons is mal oor die dorpie! Daar is soveel om te sien en te doen! Ons kan nooit besluit tussen 'n Bosveld of seevakansie nie, maar hier kry mens beide!"

St. Lucia, Olifantkus

54 The Bridge

"Dis ’n wonderlike vakansieplek. Baie rustig en verskriklik mooi. Die strande is baie mooi skoon en Cape Vidal is ’n moet vir elke gesin."

St. Lucia, Olifantkus

Hippo Lodge

"Alle verwagtinge oortref. Ons het gewoonlik net suidkus gedoen, sal beslis weer gaan."

Sodwanabaai, Olifantkus

Flat Cat

"Very nice place for holiday."

St. Lucia, Olifantkus

St. Lucia Safari Lodge

"Overall a very nice place."

St. Lucia, Olifantkus

The Bridge Nr 50

"Lekker vakansiedorpie, goeie fasiliteite en eetplekke. Baie buitemuurse aktiwiteite en baie wild in die reservaat."

Sodwanabaai, Olifantkus

Maak 'n Jol

"Baie kinder-vriendelik - sal enige tyd weer gaan besoek!"

St. Lucia, Olifantkus

St. Lucia Safari Lodge

"Wonderlike, rustige pragtige dorpie. Met pragtige swemstrande en baie om te doen."

St. Lucia, Olifantkus

Sea La Vie - 12 The Bridge

"Baie mooi toeristedorpie, rustig en goeie atmosfeer."

Pongola, Olifantkus

AfriCamps at White Elephant Safaris

"Pongola dorp nie toeganklik vir toeriste. Beperkte winkels, geen restaurante. Natuurreservaat mooi en sou dit wel aanbeveel."

St. Lucia, Olifantkus

Lidiko Lodge

"Die lockdown het die dorpie in 'n stilte omhels, maar ons het dit steeds geniet."

St. Lucia, Olifantkus

Flamboyant 10

"Ons kom defnitief weer."

St. Lucia, Olifantkus

St. Lucia Safari Lodge

"Ek het nooit voorheen van St Lucia gehoor nie en my man het dit voorgestel vir ons wittebrood. Dit is ’n pragtige dorpie langs die see. Ons gunstelling restuarant is tussen The Dirty Dog, wat langs die hoofstraat is, en Ski Boat Club, wat die mooiste uitsig het en heerlike pizzas. Ons was op die bootrit om na die seekoeie te kyk wat vir seker die geld werd was. Die strande is skoon en die see is die beste temperatuur om in te swem. Ons was ook vir ’n dag Cape Vidal toe - dit is ’n natuurreservaat wat baie bekostigbaar is en dit is verseker dat jy wild op die pad gaan sien. Die strand by Cape Vidal is ook baie lekker en het stortgeriewe om die sand af te was voordat jy weer in die kar klim. Ons sal vir seker weer St Lucia besoek."

Sodwanabaai, Olifantkus

Sodwana Bay Lodge House 45

"Ek voel dat dit redelik onregverdig is dat mens 'n R105 rand moes betaal elke dag as mens strand toe wil gaan. Vir daardie rede sal ek nie weer Sodwana toe gaan nie."

Blad
Blad 17 - Wys 481 tot 510
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem