Geverifieerde Resensie
Elephant Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elephant Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 868 resensies.
"'n Besoek aan die park is beslis 'n moet as jy van wildritte hou, daar is plekke om uit te klim (natuurlik op jou eie risiko) en voetpaadjies te volg na uitkykpunte. Die beste was die toring, absoluut die moeite werd vir daardie asemrowende uitsig! Jy kan ook 'n bootrit neem om baie seekoeie te sien en 'n paar watervoëls. As jy gelukkig is kry jy dalk 'n seekoei laataand wat in die dorp die grasperke besoek. Daar is beslis ander aktiwiteite ook genoeg om jou besig te hou vir 'n naweek!"
"Highly recommend as holiday destination! A visit to Cape Vidal a must."
"Dis 'n pragtige omgewing en inwoners is baie vriendelik. Baie en goeie restaurante. Ietwat min kruidenierswinkels en die verskeidenheid is nie baie groot nie."
"Pragtige plek met oop strande en pragtige natuur. Sien klaar uit na ons volgende wegbreek soontoe."
"St. Lucia is 'n pragtige plek - ek is jammer die krag is baie keer 'n probleem. Wat glad nie St. Lucia se fout is nie. Maar met ons bederfde samelewing kan dit toerisme vir St. Lucia kos. Dit bly een van die mooiste plekke is ons land veral Cape Vidal."
"There is a padstal called Delish, that made our trip worth it because we had no self-catering at our unit. You can order anything on the menu and it tastes awesome."
"Cape Vidal by St. Lucia is een van die heel mooiste dele in ons land! Wildrit op pad strand toe, snorkel tussen skole visse en swem in warm water. Definitief 'n topbestemming in Suid-Afrika!"
"We go back to St Lucia twice a year. It is a holiday destination with Cape Vidal just a few kilos from there. We just love it!"
"Sal dit aanbeveel baie rustige en pratige omgewing om te besoek en die natuurskoon baie mooi en skoon."
"Baie lekker. As jy hou van stap, gaan soontoe. Lekker restaurante en heerlike kos."
"Great destination. Great eating spots. Variety of excursions. Spent the day at Cape Vidal. Awesome day out. Highly recommend St Lucia."
"St Lucia is a stunning destination, just a pity some of the daily "upkeep" is not being maintained. Loads of water issues, as well as terrible ablution blocks not only at Cape Vidal but at the Croc centre as well."
"St Lucia is a lovely place. Plenty of restaurants within walking distance."
"St. Lucia is 'n lieflike toeristedorpie wat naby aan 'n klomp besienswaardighede, soos Cape Vidal en die Eastern en Western iSimangaliso Natuurreservaat geleë is."
"Krokodilpark baie duur en verwaarloos, al die toeriste plekke is baie duur en word nie na omgesien nie. Badkamers by strand het amper nooit water nie, is ongelukkig nie vooraf gewaarsku oor die waterprobleem nie. Spar is self ook baie duur."
"Restaurante sluit op 'n vrydagaand alreeds 9uur, so nie 'n kuier bestemming nie. Wel kan ek Alfredo's aanbeveel, dit was die enigste restaurant wat ons nog kos wou gee ná 9uur. Was baie dankbaar!"
"Die vakansieganger moet weet dit is nie soos in die vroeë 80's nie, die gebied word baie swak bestuur deur die munisipaliteit en meer aandag kan daaraan geskenk word. Bv. paaie is toegegroei op plekke en die meer-area is deurtrek van die riete. Daadwerklike aksie moet geneem word om die strand-area weer oop te kry, dis al 'n gesukkel van 1985 af."
"Hluhluwe is 'n heerlike bestemming met heelwat verskillende aktiwiteite om aan deel te neem."