Verified Reviews
Underberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Underberg
Rated 4.4 out of 5 based on 205 reviews.
"Dis regtig baie mooi in Underberg, ek wens net daar word na die slaggate gekyk, dis voorwaar 'n probleem as mens bietjie verkenning gaan doen."
"Ons besoek is deur beurtkrag en kragonderbrekings versteur. Daar is nie baie begrotingsvriendelike restaurante nie. Dis nie ons soort plek nie. Ons het hierheen gekom om met die Sanipas te ry."
"Met die sneeu op die berge gedurende ons besoek was dit 'n groot bonus. Dit was prentjiemooi en lekker koud."
"Underberg se ligging is fantasties. Baie aktiwiteite om te doen vir jonk en oud. Gasvrye mense en baie behulpsaam. Sal beslis weer daarheen gaan."
"Ons het 'n atmosfeer beleef wat ons nog nooit beleef het nie. Die plek is pragtig. Sterk aanbeveel."
"Behalwe vir die pad soontoe is dit 'n mooi plek om te ontspan en rustig te verkeer, weg van al die woelige daaglikse lewe."
"Ons was veral beïndruk met die ou dorpie by Underberg. Dit is wel oud, maar als wat jy benodig is daar, en die dorpie word so mooi skoon gehou, was baie beïndruk daarmee. Die berge, plase en omgewing is lowergroen, verskriklik mooi om te sien. Sal definitief weer Underberg wil besoek."
"Die paaie is baie sleg - selfs die paaie tussen die huise is onrybaar! Dorp is vuil en verwaarloos."
"If you come from the city, like I am, it's a nice place to get away to and just relax and recharge."
"Nice rural town, busy and the shops are ample. Roads not too great, but we've been on worse."
"Great hiking, restaurants and fresh air! A little limited on other experiences which are found in other parts of the Drakensberg like chocolate tasting and candle dipping, but still a beautiful place to stay."
"Regtig nie veel om te doen nie, behalwe om oor te slaap onderweg waarheen jy ookal heengaan."
"I would recommend booking accommodation away from the central village, a bit chaotic."
"Most beautiful area - away from all the business with caring people!"
"Underburg as dorp self bied nie veel vir die toeris nie buiten die pragtige Drakensberge."
"Superspar se personeel baie vriendelik en behulpsaam. James Watson is 'n baie knap werktuigkundige met werkswinkel baie naby Spar."